Voorverhit oond teen 205 °C.
Meng die bestanddele saam.
Spuit of smeer ‘n groot boerbrood broodpan.
Sit beslag in die pan.
Bak vir 60 – 90 minute (hang af van tipe oond) tot toetspen skoon uitkom.
Nota: As jy ‘n klein broodpannetjie het, gebruik 400 g bruismeel en een blikkie elk van die ander bestanddele. Bak dan 45-60 minute.
Leanne Thurston Coetzer
Het die kleiner weergawe van die brood gemaak
Maklikste resep ooit en baie lekker.
500 g bruismeel
1 blik kondensmelk
1 blik creamed sweetcorn
Meng alles en sit in broodpan. Bak op 180ºC vir 45 minute.
Lekker variasie
Dolores Potgieter
Ek mash 2-3 piesangs baie fyn en meng goed met kondensmelk, dan meng ek die mengsel met ongeveer 500 g bruismeel, laat staan vir ½ uur en bak teen 180ºC tot gaar, ongeveer 30 min.
Nooit ‘n flop nie. Hoe sagte die piesangs hoe beter die smaak. pas perfek in ‘n mini brood pan.










done