MIELIETERT MET SPEK
2 blikke 410 g geroomde suikermielies
250 g blokkies spek (Bacon)
60 ml koekmeel
50 ml suiker
4 eiers goed geklits
Smeer ’n oondvaste bak en voorverhit die oond tot 180º C. Meng al die bestanddele saam en gooi in bak. Bak vir ’n uur of tot gaar. In die koolstoof het ek hom so een en ’n halfuur gehad.
Hy is ook lekker sonder die spek.
Nota: Dit wat oorbly kan jy in die yskas sit en die volgende dag koud geniet. Gooi bietjie meer suiker so 20 ml by as jy nie (bacon) spek insit nie.
DISCLAIMER: BY SUBMITTING CONTENT TO THIS WEB SITE, YOU ACKNOWLEDGE AND AGREE THAT THE TERMS AND CONDITIONS STATED IN THIS POLICY APPLY TO YOUR INTERACTIONS WITH ANY WEB SITE COMMUNITY AND THAT GOOD AND VALUABLE CONSIDERATION HAS BEEN PROVIDED TO YOU. IF YOU DO NOT AGREE WITH THESE TERMS AND CONDITIONS, DO NOT SUBMIT CONTENT TO THIS WEB SITE OR OTHERWISE ACCESS ANY COMMUNITY FEATURES ON THIS WEB SITE.