Ek het die HEERLIKSTE Diabetiese Appeltert gebak vandag van vars appels
500 ml Bruismeel
125 ml Selati versoetter
2 ml sout
250 gr margarien by kamertemperatuur
Vulsel
10 klein Golden Delicious Appels – pitte en kerns verwyder
en opgesny in wiggies
100 ml Selati versoetter
125 ml koekmengsel-droëvrugte
2 ml kaneel
knypie sout
Maak so:
Sif die meel, versoetter en sout saam…vryf die margerien met die vingerpunte by die meelmengsel in totdat dit soos krummels lyk.. Hou eenkant om te rus..
Sit die vulsel bestanddele in kastrol en kook tot die versoetter gesmelt en die water van die vrugte verdamp het.. PASOP vir brand.
Smeer 2 tertborde met ‘n deursnee van 27 cm goed en bespuit met kossproei..
Deel die deeg in twee… druk helfte van die een helfte in ‘n tertbord
vas.. vul met helfte van die vulsel strooi die res van die deeg bo-oor en druk dit bietjie vasser…
Doen so met die oorblywende deeg en vulsel ook in die tweede tertbord…
Bak in ‘n warm oond 180ºC vir 20min of tot goud bruin en gaar
.
Ek het die resep so bietjie aangepas want manlief hou van ‘n souserige vulsel… ek het die appels en vrugtemengsel gekook in bietjie water met selati versoetter en kaneel... die vrugte na 10minute uitgeskep en die sousie gemeng met ‘n bietjie maizena en toe oor die appels gegooi, die korsie opgesit en lekker gebak… ek moet eerlik waar se, dit is baie lekker…
Foto: Wilma Josey Venter
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.








