MIELIEPAP BALLE MET VEGGIE BAKE
Ek het lekker stywe, en ek meen sommer stywe gaar mieliepap gevat, en nadat dit koud was het ek ‘n pakkie veggie bake daarin geroer met ‘n vurk en seker gemaak dit is lekker goed ingemeng, toe sny ek klein blokkies cheddar kaas. Vat nou genoeg pap vir ‘n lekker balletjie bietjie groter as ‘n golf bal, rol in bol en druk blokkie kaas binne in, rol weer mooi toe en pak in ‘n vuurvaste glas bak. nie te styf teen mekaar nie.
Wanneer al jou bolle klaar is, gooi gerasperde kaas oor en ‘n houertjie room. Bak by 200 ºC vir ongeveer 40 min of tot die room lekker dik is. As jou pap te slap is gaan die bolletjie plat le in die room. Dit was regtig yummies … probeer gerus.
Rina Kleinhans.








