GRIEKSE OLYWE
Manlief se “Griekse” olywe wat hy in growwe sout in ‘n houer sit wat gate onderin het en bo-op ‘n emmer plaas sodat die sap uitloop. Skud die houer net so elke 2de dag. Dit was nou so ‘n maand in die sout. Jy los dit daar tot die bitter van die olyf weg is. Dan spoel hy dit af en sit dit in potjies met ‘n eetlepel olyfolie in elke potjie. ‘n Griek hier in Wellington het hom dit geleer.
Resep en foto geplaas deur Sophia Bester Agenbag













