GEVULDE AVOKADO
Gevulde avokado was op vannaand se menu !!
2 groot avos deur gesny, ontpit en afgeskil
smeer die halwe avos met suurlemoensap orals plaas eenkant
6-8 klein tamaties opgesny en bietjie gedreineer
1k broodblokkies
1/2 k spinasie blare fyn gekerf
1/4 k gaar bacon stukkies
2e mayonaise
1 e olyfolie om brood blokkies in te braai tot bruin
sout en peper na smaak
plaas die avos in ‘n bakpan ek het sommer n stuk foelie onder in gesit om hulle n bietjie regop te stut
meng alles saam in ‘n bak en vul die holtes maak dit effens oorvol
plaas vir +- n halfuur in n voorverhitte oond op 200°C
Resep en foto: Gideon Louw