
ROMERIGE TAGLIATELLE MET CHORIZO
Bestanddele vir 4 persone ( voorgereg )
250 gram tagliatelle ( lintvormige pasta )
‘n stuk chorizo in snye
1 blik geskilde tamaties uitgelek
2 knoffelhuisies in dun skywe
50 ml slagroom
6 eetlepels Parmesaan kaassnippers
peper en sout
1 hand verse basilicumblaadjes
Kook die tagliatelle soos aangedui op die verpakking .
Sit intussen die snye chorizo sonder botter of olie in ‘n pan en braai op hoog vuur crunchy . Haal hulle uit die pan en laat dreineer op kombuispapier. Bak in die vet van die chorizo die knoffel en die tamaties op medium hitte .
Sodra die tamaties in kleiner stukkies is, roer jy die room in en bietjie peper en sout en die helfte van die Parmesaan kaas. Laat die sous op laag hitte 10 minute sag prut.
Giet die pasta in ‘n vergiettes en laat goed dreineer . Roer deur die sous en strooi die snye chorizo daaroor .
Bedien met die res van die Parmesaan kaas en die vars basiliekruidblare .
Resep vertaal vanaf sarah aan de kook uit NL na Afrikaans.
Foto: sarah aan de kook punt nl






