PYNAPPEL BROOD
125 g margarien
1 ½ koppie suiker
3 eiers
5 ml vanilla geursel
2 blikkies fyn pynappel, goed gedreineer
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel koeksoda
2 eetlepels melk
Klits margarien en suiker tot lig en donsig.
Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Voeg nou vanilla geursel en pynappel by. Onthou om dit te dreineer anders is die deeg te loperig.
Sif droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die melk by die eiermengsel.
Genoeg deeg vir twee klein broodjies.
Bak vir een uur in ‘n voorverhitte oond by 180°C.
Hierdie is ‘n heerlike altenatief vir piesangbrood. Net die ding vir ‘n koue Sondagaand.
Smeer met lekker vars plaasbotter en siedaar!!!!!!
Resep en foto: Thelma DuPreez








