

VRA-NA-MEER BRUSSELSPRUITE
Laat le die sprouts in soutwater vir n rukkie net vir in geval daar dalk bietjie grinstrerigheid in is. Spoel af ek kook so 5min in soutwater. Dreineer. Kap half pakkie bacon fyn en braai saam met fyngekapte sampioene(ook so half pakkie). Kap ui fyn en braai ook saam. Skep uit maak behou die baconvet. Voeg n klont botter by en maak n witsous.
Of kaassous indien verkies. Voeg weer baconmengsel by en laat so minuut prut. Voeg heelwat varsgemaalde swartpeper by en sout na smaak. Skep spruite in oondvaste bak en gooi sous bo-oor. Skud die bak so liggies heen en weer tot die sous lekker tussen al die spruite inloop. Bedek en bak by 180grade vir so 20 tot 25 min vandat die sous begin prut!
RESEP: Jacques Marianne Van Niekerk






