GRIEKSE OLYWE

 

2015-06-22-griekseolywetested

GRIEKSE OLYWE
Manlief se “Griekse” olywe wat hy in growwe sout in ‘n houer sit wat gate onderin het en bo-op ‘n emmer plaas sodat die sap uitloop. Skud die houer net so elke 2de dag. Dit was nou so ‘n maand in die sout. Jy los dit daar tot die bitter van die olyf weg is. Dan spoel hy dit af en sit dit in potjies met ‘n eetlepel olyfolie in elke potjie. ‘n Griek hier in Wellington het hom dit geleer.
Resep en foto geplaas deur Sophia Bester Agenbag




VLEISPASTEITJIES EN BOTTERPAMPOENTJIE SOP

 

2015-06-22-vleispasteitjiesenbotterpampoentjiesoptested

VLEISPASTEITJIES EN BOTTERPAMPOENTJIE SOP
Die Pasteitjies:
Kook vleis in bief geur blokkie tot lekker sag totdat dit van die been af val. Sny ook aartappels in blokkies en kook saam met vleis tot sag. Ek het ook pietersielie, tiemie en basil ingegooi. Haal uit orige water en haal bene uit. Maak vleis en aartappels lekker sag met vurk. Kan ook nog bietjie ekstra kruie en speserye bysit vir smaak. Rol blaardeeg uit en skep vleis in lang rye op helfde van deeg. Vou toe en druk kante mooi vas. Plaas op gesmeerde bakplaat en verf met eier. Sny liggies in blokke soos jy verkies. Bak teen so 190°C vir omtrent 20 min.
Die BOTTERPAMPOENTJIE Sop:  (butternut)
Kook of oondrooster (afhangende van jou smaak, ek het gekook) die blokkies botterpampoentjie tot lekker sag. Kan ook klein bietjie uie bysit.
Skep in blister en blits tot roomerig en mooi glad.
Sit room, oregano, suiker en sout by na jou smaak. Geniet!
Resep en foto: Mareli Ahlschläger




ITALIAN PORK SAUSAGE CASSOULET

 

2015-06-22-italianporksausagecassoulettested

ITALIAN PORK SAUSAGE CASSOULET

600gr Italian Pork Sausage (my butcher makes it) Cut into halves
1 Onion Chopped
2 Cloves of Garlic Chopped
8 Tablespoon Olive Oil
1/2 Teaspoon Chillie Infused Olive Oil
200/300ml of Hot Water
1/2 Glass of Wine I used Dry White
1 Tin Italian Chopped Tomatoes
2 Tins Butter Beans
pinch of Thyme
splash of Wortcheshire Sauce

Put Olive Oil into a pot and add your Onion and chopped Garlic let them caramalise or until transparent then add your sausage and let them brown. Add your wine let it evaporate then add your tin of chopped tomatoes let is cook for a couple minutes then add your thyme and chillie infused oil and Wortcheshire .Add your hot water till it covers your sausage. Let is cook for about an Hour on med/high heat until the sauce starts to thicken after that add your two tins of Butter Beans Rinsed and let it cook for another 10/15 mins.
Recipe and Photo: Sabrina Merli




GEVULDE AVOKADO

 

2015-06-22-gevuldeavokadotested

GEVULDE AVOKADO
Gevulde avokado was op vannaand se menu !!
2 groot avos deur gesny, ontpit en afgeskil
smeer die halwe avos met suurlemoensap orals plaas eenkant
6-8 klein tamaties opgesny en bietjie gedreineer
1k broodblokkies
1/2 k spinasie blare fyn gekerf
1/4 k gaar bacon stukkies
2e mayonaise
1 e olyfolie om brood blokkies in te braai tot bruin
sout en peper na smaak
plaas die avos in ‘n bakpan ek het sommer n stuk foelie onder in gesit om hulle n bietjie regop te stut
meng alles saam in ‘n bak en vul die holtes maak dit effens oorvol
plaas vir +- n halfuur in n voorverhitte oond op 200°C
Resep en foto: Gideon Louw




STOWE BIEFSTUK MET SPINASIEKLUITJIES

2015-06-22-stowebiefstukmetspinasiekluitjiestested
STOWE BIEFSTUK MET SPINASIEKLUITJIES

Stowe biefstuk met spinasiekluitjies
Braai ongeveer 500g stowe biefstuk in bietjie olie tot bruin aan albei kante.
Voeg 2 gekerfde uie en 1 prei by en braai.
Los 1 biefekstrakblokkie in 500ml kookwater op en voeg 30ml tamatiepuree by.
Giet by vleis en prut tot sag met so 2 lorierblare by.
Voeg ongeveer 10ml bruinsuiker by.
Voeg water by indien nodig.
Maak sous dik met 15ml koekmeel.
Jou vleis moet lekker goed onder die sous wees want die kluitjies neem baie van die sous op.
Kluitjies:
Kook so 5 spinasieblare tot gaar,
dreineer goed en kap fyn in mengbak,
voeg 1 eier en 30ml kookolie by.
Meng goed.
Voeg 1k koekmeel, 1/2 teel sout en 10ml bakpoeier by.
Voeg water by tot redelik slap beslag.
Skep lepelsvol in die vleissous en sit deksel op vir 20 tot 25min sonder om deksel op te lig.
Bedien saam rys of fyn aartappel en n slaai.

RESEP EN FOTO: Marianne Van Niekerk




PYNAPPEL BROOD

2015-06-21-pynappelbroodtested

PYNAPPEL BROOD
125 g margarien
1 ½ koppie suiker
3 eiers
5 ml vanilla geursel
2 blikkies fyn pynappel, goed gedreineer
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel koeksoda
2 eetlepels melk

Klits margarien en suiker tot lig en donsig.
Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Voeg nou vanilla geursel en pynappel by. Onthou om dit te dreineer anders is die deeg te loperig.
Sif droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die melk by die eiermengsel.
Genoeg deeg vir twee klein broodjies.
Bak vir een uur in ‘n voorverhitte oond by 180°C.
Hierdie is ‘n heerlike altenatief vir piesangbrood. Net die ding vir ‘n koue Sondagaand.
Smeer met lekker vars plaasbotter en siedaar!!!!!!
Resep en foto: Thelma DuPreez




ROMERIGE TAGLIATELLE MET CHORIZO

2015-06-19-romigetagliatellemetchorizo

ROMERIGE TAGLIATELLE MET CHORIZO
Bestanddele vir 4 persone ( voorgereg )
250 gram tagliatelle ( lintvormige pasta )
‘n stuk chorizo in snye
1 blik geskilde tamaties uitgelek
2 knoffelhuisies in dun skywe
50 ml slagroom
6 eetlepels Parmesaan kaassnippers
peper en sout
1 hand verse basilicumblaadjes

Kook die tagliatelle soos aangedui op die verpakking .
Sit intussen die snye chorizo sonder botter of olie in ‘n pan en braai op hoog vuur crunchy . Haal hulle uit die pan en laat dreineer op kombuispapier. Bak in die vet van die chorizo die knoffel en die tamaties op medium hitte .
Sodra die tamaties in kleiner stukkies is, roer jy die room in en bietjie peper en sout en die helfte van die Parmesaan kaas. Laat die sous op laag hitte 10 minute sag prut.
Giet die pasta in ‘n vergiettes en laat goed dreineer . Roer deur die sous en strooi die snye chorizo daaroor .
Bedien met die res van die Parmesaan kaas en die vars basiliekruidblare .
Resep vertaal vanaf sarah aan de kook uit NL na Afrikaans.
Foto: sarah aan de kook punt nl




GEBAKTE SJOKOLADE POEDING IN SJOKOLADESOUS

GEBAKTE SJOKOLADE POEDING IN SJOKOLADESOUS
1 koppie koekmeel
1 ½ eetlepel kakao
¾ koppie melk
1 teelepel vanilla geursel
1 eier
½ teelepel sout
¾ koppie suiker
¼ koppie gesmelte botter (moenie met kookolie vervang nie, smaak is nie lekker nie)
2 teelepel bakpoeier
Klits die botter en suiker saam tot romerig. Klits die eier goed en voeg geleidelik by die botter en suiker mengsel en klits tot lig. Sif die droe bestandele saam en voeg dit om die beurt saam met die melk by die botter mengsel in.
Skep die mengsel in ‘n gesmeerde bak en giet die volgende sous bo-oor:
Kook die volgende saam:
1 koppie kookwater
1 koppie suiker
2 eetlepels kakao
Giet die warm sous oor die agterkant van ‘n sop lepel of desertlepel as jy dit oor die beslag gooi. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180 °C vir 30 mins.
Bo-op het jy so lekker sjokolade spons en onder die spons die lekkerste, taaierige sjokolade toffie sous.

Foto en resep geplaas deur  Daniel Leana Du Preez




COUSCOUS SALAD

 

COUSCOUS SALADtested2015-06-18-couscoussalad

COUSCOUS SALAD

700ml Vegetable stock
700ml Couscous
50g Raisins
50g Currents
50g Sun dried tomatoes in oil roughly chopped
1 Red pepper diced
1 Green pepper diced
1 Onion diced
2 Tbsp White wine vinegar
2 Tbsp Lemon juice
3 Tbsp Olive oil
Salt & Fresh ground black pepper
1/2 Small bunch fresh mint roughly chopped (Optional)

Bring the vegetable stock to the boil. Put the couscous, raisins & currents into a bowl. Pour the boiling stock into the bowl. Leave the couscous to stand for about 10 minutes, then fluff with a fork.

Put the diced peppers, tomatoes and onions in a serving bowl. Whisk together the vinegar, lemon juice and olive oil to make a dressing. Season with salt and pepper and pour it over the vegetables. Add the couscous and mint, toss to combine and serve.
Photo and Recipe: Cornelia Bosman Walkinshaw




RUSTIC MINESTRONE SOUP

 

2015-06-17-rusticminestronesouptested

RUSTIC MINESTRONE SOUP
Phase One
50gr Butter
1 to 1 1/2 lt Hot water
Chicken or Beef stock 2 (I use Stock pots)
Veggies of your choice. Beans Peas Spinach Potatoes Butternut Onion Carrots Celery Zucchini etc etc whatever you have on hand at home (I use Potatoes as my thickener don’t like using maziena.)

In a pot place about 50gr of butter and add all the diced vegetables of your choice. The veggies must get softish or caramalised. Then add your water and stock and let it boil for as long as possible on a very low heat mine has been cooking since 8am. Do not add tomatoes at this stage you may add marrow bone if you wish and I added the Crust of Parmesan cheese. Taste if salt required.

Phase two

2 cloves of Garlic
A handful Italian Parsley chopped finely with your garlic.
8 tablespoons Olive Oil or normal
50gr butter
1 Tablespoon Tomatoe Paste.

Put your oil and butter in a pan on a fairly high heat and let is turn to Nuss Butter that is the butter must froth and turn SLIGHTLY brown then you add your chopped Garlic and Parsley
Careful not to let your Garlic burn or it will go bitter then add your Tomatoe paste undiluted. Let that fry for 1 or two minutes you take your Soup Water about 4/5 ladles and add to your garlic. Let it cook for about 20 mins until sauce thickens .

Then take the garlic sauce and add it to your soup to complete let it cook for about another 30 mins. You may liquidize a part of the soup to thicken it.
SOURCE/PHOTO: Sabrina Merli