

GEBAKTE SJOKOLADE POEDING IN SJOKOLADESOUS
1 koppie koekmeel
1 ½ eetlepel kakao
¾ koppie melk
1 teelepel vanilla geursel
1 eier
½ teelepel sout
¾ koppie suiker
¼ koppie gesmelte botter (moenie met kookolie vervang nie, smaak is nie lekker nie)
2 teelepel bakpoeier
Klits die botter en suiker saam tot romerig. Klits die eier goed en voeg geleidelik by die botter en suiker mengsel en klits tot lig. Sif die droe bestandele saam en voeg dit om die beurt saam met die melk by die botter mengsel in.
Skep die mengsel in ‘n gesmeerde bak en giet die volgende sous bo-oor:
Kook die volgende saam:
1 koppie kookwater
1 koppie suiker
2 eetlepels kakao
Giet die warm sous oor die agterkant van ‘n sop lepel of desertlepel as jy dit oor die beslag gooi. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180 °C vir 30 mins.
Bo-op het jy so lekker sjokolade spons en onder die spons die lekkerste, taaierige sjokolade toffie sous.
Foto en resep geplaas deur Daniel Leana Du Preez







geskuif
Juanri Van Der Walt
Het hom al gemaak. Hy is vir my bietjies TE soet. Maar steeds lekker. Sal die suiker net heelwat verminder
Lettie van der Merwe
Dis die beste resep. Kan hom ook dubbel aanmaak
Soms gooi ek kaneel of gemengde speserye by vir variasie.