GEBAKTE SJOKOLADE POEDING IN SJOKOLADESOUS

GEBAKTE SJOKOLADE POEDING IN SJOKOLADESOUS
1 koppie koekmeel
1 ½ eetlepel kakao
¾ koppie melk
1 teelepel vanilla geursel
1 eier
½ teelepel sout
¾ koppie suiker
¼ koppie gesmelte botter (moenie met kookolie vervang nie, smaak is nie lekker nie)
2 teelepel bakpoeier
Klits die botter en suiker saam tot romerig. Klits die eier goed en voeg geleidelik by die botter en suiker mengsel en klits tot lig. Sif die droe bestandele saam en voeg dit om die beurt saam met die melk by die botter mengsel in.
Skep die mengsel in ‘n gesmeerde bak en giet die volgende sous bo-oor:
Kook die volgende saam:
1 koppie kookwater
1 koppie suiker
2 eetlepels kakao
Giet die warm sous oor die agterkant van ‘n sop lepel of desertlepel as jy dit oor die beslag gooi. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180 °C vir 30 mins.
Bo-op het jy so lekker sjokolade spons en onder die spons die lekkerste, taaierige sjokolade toffie sous.

Foto en resep geplaas deur  Daniel Leana Du Preez