

JOHANNA SE MELKTERT MET SMEER KORS
Resep en foto: Johanna Zwiegelaar
FOOD LOVERS RECIPES
My melktert wat ek altyd maak. Die een sonder kaneel is my man sin want hy eet nie kaneel nie.
KORS
100 g margarine
100 g suiker
175 g ongesifte koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
2 eiers
Klop margarine en suiker tot romerig, klop eiers een vir een by.
Sif meel bakpoeier en sout saam.
voeg by mengsel en meng deeglik.
Smeer deeg met ‘n lepel in die borde.
Bak in voorverhitte oond op 180 ºC +- 10 min tot lekker bruin. Continue reading













