


GIDEON SE KREEFSTERTE
Ek’t ‘n paar krefies bekom en vir ons ‘n kreefkelkie gemaak en was djeeeerlik!
5 gaar kreefsterte, skoongemaak en in blokkies gesny
3 eetlepels mayonnaise
1 eetlepel sweet chillie sous
1 eetlepel worcestersous
1 eetlepel suiker
1 klein ui, fyngekap
1 klein tamatie, in stukkies gekerf
bietjie sout en peper, na smaak
‘n paar blare vir garnering
Sny die kreef in die middel deur en haal die kis gedeelte uit en maak die dop skoon binne in.
Meng dan alle bogenoemde bestanddele en vul die dop daarmee en garneer met blare.
Byt dan die beentjies wat aan die karkas is oop en suig die heerlike vleisies uit nadat die heerlike filling op geëet is
Hmmmmmmmmm
Nota van Gideon Louw
Die kreef is klaar gaar.
En elke ou soen maar sy vrou op sy eie manier, my manier is om die kreef gaar te stoom.
Ek plaas ‘n stuk sifdraad binne my groot swartpot waarop ek die rou krewe pak met ‘n bietjie water in die pot om stoom te kan maak.
Die water word eers vooraf gekook en dan sodra dit kook pak ek die krewe op die sif maw die krewe is nie gefompel in die water nie, sodra die water dan begin stoom as die krewe in gepak is stoom ek dit dan vir 10 tot 15 min, haal dan uit en bedek met ‘n sopnat handoeklap tot dit afgekoel is, dit voorkom dat jou kreef uitdroog.
Baaaie mense se jy moet sout of seewater gebruik maar dit maak nie vir my sin soos in my geval nie want stoom is tog maar suiwer water en die sout bly dus agter sodra jy dit begin stoom.
Foto en Resep: Gideon Louw
2de foto: Ekt vir my en vroulief n lekker namiddag kelkie gemaak met kreefstertjies.
In plaas van ‘n kreefkarkas soos in die resep het ek rooispinasieblare ( blare het ‘n rooierige kleur ) gebruik om die bakkies mee uit te voer.







Geskuif