

SUSANNA SE VIS KOEKIES
Ek het to probeer om die vis koekies te maak van Alta maar nie reggekom nie. Ek het baie goed nie gehad nie. Toe maak ek maar my eie. Hier is my resep:
400 g gaar vis
handvol fyn pietersielie
1 ui, fyn gekap
2 teelepels vis speserye
growwe swart peper, na smaak
bietjie suurlemoensap
2 groot gaar aartappels, fyn gemaak
2 eiers
3 blokkies Weetbix, gekrummel
Meng alles goed saam.
Maak bietjie olie warm.
Maak balletjies, druk plat soos frikkadelle en bak in pan tot goudbruin.
Ek het bedien met aartappel slaai en Guacamole, dis die avo met uie en tamatie en garlic en mayonnaise.
Dit was baie lekker.
Foto en Resep: Susanna Kruger






