



RONEL SE HEEL EIER BROODROLLETJIES
Ek het Sondag besluit om sommer potbrooddeeg te maak met eiers en sous.
10 gr Anchor kits droë gis
1 kg witbrood meel (ek gebruik koekmeel)
10 ml suiker
20 ml sout
65 g margarien
650 ml louwarm water
Voeg al die droë bestanddele saam in ‘n mengbak. (NB. Sit gis eenkant dan suiker en dan sout. Moenie op mekaar sit in meel nie.)
Meng nou droë bestanddele, laat gis en sout en suiker goed gemeng is.
Vryf nou margarien met jou vingers in.
Voeg nou water by en meng tot dit ‘n bal vorm.
Nou kan jy dit knie totdat deeg sag en elasties is.
Sit deeg terug in mengbak en sit bak in n groot plastiese sak en laat rys.
Jy kan een pot brood maak of die buns.
As jy brood maak bestryk brood met geklitste eier.
Het eiers gekook en laat afkoel.
Deeg in balletjies gemaak en in oondpan gesit laat dit rys.
Het toe ‘n holte in elke bol gemaak en eiers in holte gesit en weer laat rys.
Terwyl dit gestaan het het ek die volgende sous gemaak.
4 middelslag uie, opgekap
1 blik sampioene of 1 pakkie vars sampioene.
Knoffel en half pakkie of blikkie tamatie paste, gemeng met 500 ml warm water, sout en peper by uie mengsel ingegooi.
1 eetlepel kerrie poeier
1 telepel borrie
1 eetlepel asyn
1 teelepel suiker
Meng alles.
Het alles saam gebraai behalwe die tamatie paste en water.
Het tamatie paste gemeng met water en by uie in gesit en gekook vir so 10 min.
As sous te loperig is voeg bietjie Maizina water by om te verdik.
Gooi sous oor buns as dit klaar gerys het en bak op 160°C vir ± 40 tot 45 min.
Baie vullend.
Foto en Resep: Ronel Muller Thoma







Susan Burger
Ek het die sous bietjie aangepas met greenpeppers garlic en vars chillies….was awesome lekker!
Veral met die asyn en suiker in die sous met chillies. Is so soet brand. En die sous trek so in die deug in, so hy juicy. Sal defnitief weer maak.
Dankie vir die deel van die reseppie 😉 is sakpas en regtig baie lekker.