

SJOKOLADE SPONSKOEK MET SJOKOLADE MOUSSE VULSEL EN BOTTER VERSIERSEL
2 koppies koekmeel
4 eiers
2 koppies suiker, teelepel vanilla escense (ek het chocolate essence gebruik)
2 teelepels bakpoeier
¼ koppie kakao
125 ml melk
125 ml water
100 ml kookolie
Versiering
500 g versiersuiker
125 g botter
skeut suurlemoen sap
pakkie chocolate mousse
Maak sjokolade mousse aan en plaas in yskas om te stol. Gebruik so 50 ml minder vloeistof as wat op pakkie aangegee word vir ‘n stywer mousse.
Verhit tot lou warm die melk, water en olie.
Sif meel en kakao saam, in aparte mengbak, klits eiers en suiker tot suiker opgelos en mengsel donsig is.
Meng eier mengsel liggies by meel in.
Strooi bakpoeier bo oor meel en eiermengsel en dan lou warm melk mengsel en roer deur tot net gemeng.
Giet in koekpanne wat met waspapier uitgevoer is en bak teen 180 grade C vir 20-30 minute.
Laat afkoel in pan en keer dan uit.
Versiersel
Meng botter en versiersuiker saam tot romerig voeg skeut suurlemoensap by en meng deur.
Deel in twee en kleur soos verkies. Gebruik van die wit versiersel vir die “dirty icing” en kleur die res indien verkies.
Vir my koek het ek resep dubbel aangemaak en 28 cm koekpanne gebruik.
Ek het ‘n “damwalletjie” gepipe vir die mousse laag tussen koeke, die mousse in dammetjie geskep en gelyk gemaak, daarna plaas boonste laag koek op onderste laag en versier koek met dun laag “dirty icing”
Los koek dan in yskas vir so halfuur vir alles om te set en dan kan jy koek verder versier. As dit baie warm weer is hou koek liewerste in yskas tot jy dit bedien
Resep geplaas deur Mandy Nel
Foto: Mandy Nel






