GEVULDE VETKOEKE
my vetkoekdeeg is as volg:
8 koppies meel
1 pakkie kitsgis
2 teelepels suiker
3 teelepels sout
100 ml olie
650 ml louwarm water
3 geklitste eiers Continue reading→
Author Archives: Rina Kleinhans
SPEK BOBOTIE
JP PASTA SLAAI



JP PASTA SLAAI
Hierdie geurige, vullende pastaslaai kan as ete bedien word, dit is heerlik by groot kuiers en almal vra die resep. Die resep kan halveer word.
4 eetlepels olie
1 groot rooi ui fyngekap
1 rooi soetrissie skywe
1 groen soetrissie skywe
1 pakkie sampioene skywe
10 murgpampoentjies skywe
10 stukkies bladspek, grof gekap
250 ml fyn hoender gerook braai
halwe suurlemoen se sap en skil
1 blik pynappel stukke in sap
Continue reading
HEUNINGSOUS AARTAPPELTJIES


HEUNINGSOUS AARTAPPELTJIES
Kook ‘n pot klein aartappeltjies tot sag, skilletjies aan, gooi water af.
Gooi die volgende by:
20 ml heuning
10 ml vars roosmarynblaartjies
4 vars knoffelhuisies, gekap
growwe sout
growwe swart peper
Meng liggies deur met ‘n vurk, maak pot toe, laat staan 10 minute en smul!
Ek bedien altyd hierdie saam met volstruissosaties dis heerlik.
Gooi die volgende by:
20 ml heuning
10 ml vars roosmarynblaartjies
4 vars knoffelhuisies, gekap
growwe sout
growwe swart peper
Meng liggies deur met ‘n vurk, maak pot toe, laat staan 10 minute en smul!
Ek bedien altyd hierdie saam met volstruissosaties dis heerlik.
Resep: Floraine Wasserman Venter
POLENTA MET KRUIESOUS
POLENTA MET KRUIESOUS
Gebruik die vinnig gaarword polenta, maak aan soos aanwysings.
As polenta klaar gekook is sal die begin stol, dis dan wanneer die “magic’ begin!
Jy kan suurroom of griekse joghurt of vleis/hoender/groente aftreksel inmeng. Indien jy bogenoemde gebruik, moet jou water tydens mengproses daarmee verminder word.
Gekookte polenta is soos klei, jy kan dit in enige vorm maak, balle, koekies, stokkies, driehoeke, blokkies!
As dit klaargekook is en effens afgekoel is kan jy werklik enige iets in dit meng, verskeie soorte kase, neute, kruie en selfs vis of vleis.
As polenta klaar gekook en gegeur is moet die of gebak of gebraai word.
Tradisioneel word dit ook gewoon as bykos bedien.
Ek het hierdie kruiesous wat ek altyd by bedien as ek dit in die eenvoudige vorm opdien. Continue reading
LIEFDES SJOKOLADE KOEK
LIEFDES SJOKOLADE KOEK
Tussen my en my ma en ouma is hierdie resep ‘n groooot gunsteling in die familie..
Meng:
1 ½ K meel
1 ½ K suiker
3t bakpoeier
¾ t sout
Meng die meel lekker saam en maak ‘n gaaitjie in die middel ek, weet nie hoekom nie!!
Voeg in die gat:
6 eiergele
3t vanilla
Meng:
½ K kakao * Voeg by 1 en 2 en meng
¾ K kookwater
¾ K Kookolie Continue reading
Jamie Oliver se yogurt Tartare sauce:
6 cornichons(gherkins)
1 tablespoon capers
1 little gem lettuce
250 g fat-free natural yoghurt
¼ a bunch fresh flat-leaf parsley
1 lemon
Method
Put the cornichons, capers, lettuce and yoghurt into the processor . Tear in the top leafy half of the parsley, squeeze in the lemon juice, then whiz up, season to taste and pour into a bowl .
Marieta Matthews
HEERLIKE WAFELS MET BUTTERSCOTCH SOUS
HEERLIKE WAFELS MET BUTTERSCOTCH SOUS
2 eiers
½ teelepel sout
1¾ koppies melk (450 ml)
4 eetlepels gesmelte botter (60 ml)
2 eetlepels suiker
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
Continue reading
WARM KOMKOMMER SOP
Hoop julle verstaan my short hand.
1 eetlepel botter
1 eetlepel olyfolie
150 g uie fyn gekap
2 knoffelvingers
100 g aartappels, geskil, fyn gekap
250 ml veggie stock
3 komkommers gewas, pitte verwyder, fyn gekap Continue reading
1 eetlepel botter
1 eetlepel olyfolie
150 g uie fyn gekap
2 knoffelvingers
100 g aartappels, geskil, fyn gekap
250 ml veggie stock
3 komkommers gewas, pitte verwyder, fyn gekap Continue reading
VIENNA EN KAPOKAARTAPPEL GEBAK
VIENNA EN KAPOKAARTAPPEL GEBAK
Ek het “mash” in die mikrogolf gemaak . Ek het die aartappels vir so 16 minute ingesit en dit gemash met ‘n knippie sout en ‘n bietjie gekookte melk, as jy ‘n half teelepel bakpoeier ook wil bysit, maak dit die kapokaartappels lekker “fluffy”.
Ek het hoender vienans en hoender polony gebruik vir filling, sny alles lekker fyn.
Braai die uie, sampioene en robot pepers in olie met borrie, roosmaryn en galic spices. Gooi jou vienas in en braai tot lekker bruin.
Rasper 4 tamaties en voeg by saam met ‘n knippie sout en ‘n eetlepel suiker.
Roer goed deur en bring tot kook punt vir so 15 min, haal af.
Plaas die helfte van die kapokaartappels onder in ‘n oondskottel, sit die vienna vulsel bo-op, strooi lekker kaas oor en sit die ander kapokaartappels bo op die vulsel. Strooi klomp kaas oor en sit in die oond by 180 grade C tot deur warm en die kaas gesmelt en mooi bruin is bo.
Resep en foto: Liza-marie Minnies









