VIENNA EN KAPOKAARTAPPEL GEBAK
Ek het “mash” in die mikrogolf gemaak . Ek het die aartappels vir so 16 minute ingesit en dit gemash met ‘n knippie sout en ‘n bietjie gekookte melk, as jy ‘n half teelepel bakpoeier ook wil bysit, maak dit die kapokaartappels lekker “fluffy”.
Ek het hoender vienans en hoender polony gebruik vir filling, sny alles lekker fyn.
Braai die uie, sampioene en robot pepers in olie met borrie, roosmaryn en galic spices. Gooi jou vienas in en braai tot lekker bruin.
Rasper 4 tamaties en voeg by saam met ‘n knippie sout en ‘n eetlepel suiker.
Roer goed deur en bring tot kook punt vir so 15 min, haal af.
Plaas die helfte van die kapokaartappels onder in ‘n oondskottel, sit die vienna vulsel bo-op, strooi lekker kaas oor en sit die ander kapokaartappels bo op die vulsel. Strooi klomp kaas oor en sit in die oond by 180 grade C tot deur warm en die kaas gesmelt en mooi bruin is bo.
Resep en foto: Liza-marie Minnies








