

TUISGEMAAKTE MAYONNAISE
Hier is my eie resep, kan dit vir enige slaai gebruik.
2 eiergele
50 ml suurlemoen sap
50 ml suiker
sout
1 gekapte ui
5 ml mosterdpoeier
knoffel (opsioneel)
‘n handvol pietersielie
Plaas alles saam in ‘n blender en blend tot dit glad is en drizzle 100 ml olie STADIG by terwyl die blender op vol spoed blend.
RESEP: Annatjie de Klerk








