

SJOKOLADE EN PEKANNEUT MUFFINS
125 ml sjokolade splinters
175 ml gekapte pekanneute
125 ml margarien
125 ml witsuiker
2 ekstra groot eiers
250 ml koekmeel
250 ml nuttywheat
20 ml bakpoeier
2 ml sout
250 ml melk
2 ml vanieljegeursel
Voorverhit oond 200°C.
Smeer ‘n 12 holte muffinpan.
Klita margarien en suiker tot lig en romerig,voeg die eiers by en klits goed.
Sif droë bestanddele saam, maar voeg die semels weer by wat agtergebly het en voeg by die eiermengsel.
Voeg sjokolade, neute, melk en vanieljegeursel by en roer liggies tot net gemeng en nog steeds klonterig.
Skep elke muffinholte driekwart vol.
Bak 20 – 25 min lank of tot gaar.
Variasie: vervang sjokolade met 1 blik tertappels (385 g)
En neute met 125 ml (75 g) rosyne. En strooi net kaneelsuiker oor voordat dit in die oond gaan.
BRON: Elsa Van der Westhuizen






