


JP PASTA SLAAI
Hierdie geurige, vullende pastaslaai kan as ete bedien word, dit is heerlik by groot kuiers en almal vra die resep. Die resep kan halveer word.
4 eetlepels olie
1 groot rooi ui fyngekap
1 rooi soetrissie skywe
1 groen soetrissie skywe
1 pakkie sampioene skywe
10 murgpampoentjies skywe
10 stukkies bladspek, grof gekap
250 ml fyn hoender gerook braai
halwe suurlemoen se sap en skil
1 blik pynappel stukke in sap
10 skyfies perskes fyn gesny
6 eetlepels sweet chilliesous
250 ml room
2 eetlepels vars roosmaryn
250 ml gerasperde cheddarkaas
Braai rooi ui in olie, voeg spek en hoender by en braai tot geurig.
Voeg soetrissies, sampioene en murgpampoentjies by en braai vinning deur, net so 3 minute. Dit moenie pap kook nie.
Skep uit op gaar gekookte pasta penne, meng res van die bestanddele saam, behalwe kaas en roer deur. Strooi kaas oor en meng liggies.
Laat staan vir tenminste 2 uur voor opdiening.
ENJOY!
Resep: Floraine Wasserman Venter






