LIEFDES SJOKOLADE KOEK
Tussen my en my ma en ouma is hierdie resep ‘n groooot gunsteling in die familie..
Meng:
1 ½ K meel
1 ½ K suiker
3t bakpoeier
¾ t sout
Meng die meel lekker saam en maak ‘n gaaitjie in die middel ek, weet nie hoekom nie!!
Voeg in die gat:
6 eiergele
3t vanilla
Meng:
½ K kakao * Voeg by 1 en 2 en meng
¾ K kookwater
¾ K Kookolie
Nadat alles by mekaar gevoeg is roer lekker met ‘n houtlepel.
Wenk: Alles moet eers in die bak wees voordat jy begin roer.
Klits 6 eierwitte styf saam met ‘n bietjie bakpoeier en vou dit by die sjokolade mengsel in.
Gooi in twee gesmeerde ronde panne en by ±20 minute by 190°C.
Wenk: die mengsel moet 2 koeke maak wat later middel deur gesny word.
Hier kom ons nou by die som!!!
Klits ‘n houertjie room styf en voeg ‘n blik caramel treat by en meng weer lekker. Sit tussen
die lagies (ons sny elke koek middle deur) en lekker dik bo-op en as jy voorbarig is soos ek
maak jy die caramel en room twee keer aan. Krummel 1 Flake bo-op dis wat alles lekker maak!!
PS: Hoe langer die koek staan hoe lekkerder is dit ek maak dit gewoonlik ‘n nag voor die tyd. Die foto is iewers hier onder.
Foto en resep geplaas deur Liezel van der Merwe








