MACARONI EN MAALVLEIS
Dollie ‘n eenvoudige macaroni en maalvleis gereg op met baie gebraaide uieringe. Ek gee maar die hele proses soos ek dit gemaak het – al ken julle dit almal.
Ek het vanaand macaroni gekook – nie tot pap nie. Met sout in die water en gedreineer.
Apart daarvan het ek 5 groot uie in ringe gesny, met bietjie selfraising meel gemeng, dit eers in bietjie olie gebraai en eenkant gesit.
Al die olie uitgegooi en die bruin meel-krummels wat onder in die pot is, gebruik om die maalvleis in gaar te maak. Ek het by die maalvleis ‘n hele tamatie ingesny en saam gaar gemaak. Ek braai nie my maalvleis nie, ek gooi sommer net heelwat paprika in en kook dit deur – dit gee vir die vleis ‘n lekker bruin/donker kleur. Continue reading
Author Archives: Linda Venter
GEBAKTE MILJOENERS KAASKOEK
SMELTSAGTE GESTOPTE CALAMARI
VULSEL
2 wiele fetakaas, gekrummel
125 ml (½ koppie) roomkaas
125 ml (½ koppie) gerasperde pecorinokaas
4 pikantrissies, gekap
2 jalapeño-rissies, gekap
CALAMARI
14 calamaribuise, skoongemaak
1 suurlemoen, in skywe gesny
80 ml (1/3 koppie) botter
3-4 knoffelhuisies, gekap Continue reading
SULTANA AND MACADAMIA RUSKS
INGREDIENTS:
1kg self-raising flour
250g butter
200ml sugar
320ml buttermilk
10ml baking powder
2 eggs
5ml salt
25ml oil
1 cup sultanas
1 cup unsalted crushed macadamia nuts Continue reading
ANNE SE SOET PATATS
Spuit kastrol met Spray & Cook.
1 kg patats
Stroop:
100 g botter
125 ml goue stroop
80 ml bruinsuiker
1/4 teelepel gemmer
knippie sout Continue reading
DILLE SOUS
DILLE SOUS
Hierdie is die dille sous wat ek gemaak het om saam die Gravad lax te gaan.
4 eetlepels aangemaakte Franse of Duitse mosterd
2 eetlepels suiker
2 groot eiergele
14 eetlepels olyfolie
4 eetlepels wynasyn
sout en peper
2 eetlepels gekapte vars dille Continue reading
KRUIE SAAM MET SOET WORTELS
Val Ashbury – Watter kruie kan ek by soet wortels sit behalwe pietersielie
Lynette Pretorius – Vars mint
Wilma Britz – Ek maak my soet worteltjies met sesame olie, heuning en sesamie saadjie,kan klein bietjie sout en growwe swart peper bysit.
Annelore Von Solms Joubert – Heuning, lemoensap en bietjie gemmer. Baie lekker.
Michelle Docherty – Roosmaryn
Elzanne C. van Zyl – Ster anys en neut.
Stompie Theron Borman – Kook met suiker en lemoensap en bind met vlapoeier en water
Johanna Hector – Stuke Pypkaneel ,Suiker en botter
Val Ashbury – Klomp iedees maar ek het myself oortref. Olyf olie, bietjie sout , swart peper en een of ander spesery wat ek op grootmaat moes gekoop het want is in ander bottlje – maar so half barbecueerig. Njammie
Gail Welch – Gemmer. Baie lekker.
Rina Kleinhans – Vars gemmer,wortel en heuning
Ari Welman – Probeer dragon(tarragon). Koop gedroogde by Checkers of Wollies
Annalize Hattingh – Basil is lekker saam met soetgoedjies
Lelanie Olivier – Komyn/cumin of gemmer met botter en bruinsuiker- heerlik.
Karen Neethling Vd Merwe – Lint wortels gemaak met aartappel skiller, heuning en lemoensap
Anne-Marie Watt – Roerbraai gaar met botter, roosmaryn en n bietjie komyn. Gooi bietjie heuning by.
Marieta Matthews – Coriander en turmeric
UIE BLATJANG

UIE BLATJANG
8 groot uie gekerf
brandrissie gekerf na smaak
200 g suiker
130 g rooi wynasyn
130 g balsamiese asyn
olyfolie
Braai die uie en rissie in olyfolie tot sag. Voeg dan die suiker by en braai vir sowat 10 minute. Voeg die asyne by en laat saggies prut tot meeste van die vog verdamp het. Sit dit in ‘n glashouer en bere in die yskas.
GLUTENVRYE BLACK FOREST PAVLOVA


GLUTENVRYE BLACK FOREST PAVLOVA
Dit is sommer my eie skepping. Dis ‘n grutenvrye weergawe vir ‘n Black Forest koek.
Vir die kersies het ek twee verskillende soorte gebruik. Een soort was gewone kersies in stroop en die ander was Amarena kersies. Dit het ek gemeng en verhit en ‘n sjokolade stroop van die sous gemaak. Dan begin die lae pak van eers ‘n merinque met room mengsel en sjokolade en kersies en dan die volgende laag. En dan kan daar gesmul word. Continue reading
Blomme van eetbare versiersel


Sarie van Tonder – dit is my passie. Ek leef daarvoor om met versiersuiker te werk, doen dit al 30 jaar. Ons gebruik ‘n eetbare gom jy kry verskillendes ek gebruik Dyocell. Meng 5ml poeier met 250gram RTR Plastic Icing werk deur tot “brittle” doop in water en werk deur tot hanteerbaar sag maar nie te styf nie. Dan is dit gereed om uit te rol en blaartjies af te druk vir die rosies ens. Die Cameo op die foto is ‘n mould. Hoop dit kan help. RTR is die wit rolbare versiersel wat jy gebruik om die troukoeke mee oor te trek. Continue reading









