Spuit kastrol met Spray & Cook.
1 kg patats
Stroop:
100 g botter
125 ml goue stroop
80 ml bruinsuiker
1/4 teelepel gemmer
knippie sout
Kook bestanddele van die stroop totdat dit dik word. Skil patats, sny in wiggies en kook tot sag, maar nie pap nie – daar moet nou min water in die kastrol oor wees nadat dit gekook het, of gooi die water af.
Gooi stroop oor en kook in oop kastrol oor matige hitte tot die patats en stroop saam dik is.
BRON – Anne Snyman








