MACARONI EN MAALVLEIS

tested

MACARONI EN MAALVLEIS
Dollie ‘n eenvoudige macaroni en maalvleis gereg op met baie gebraaide uieringe. Ek gee maar die hele proses soos ek dit gemaak het – al ken julle dit almal.
Ek het vanaand macaroni gekook – nie tot pap nie. Met sout in die water en gedreineer.
Apart daarvan het ek 5 groot uie in ringe gesny, met bietjie selfraising meel gemeng, dit eers in bietjie olie gebraai en eenkant gesit.
Al die olie uitgegooi en die bruin meel-krummels wat onder in die pot is, gebruik om die maalvleis in gaar te maak. Ek het by die maalvleis ‘n hele tamatie ingesny en saam gaar gemaak. Ek braai nie my maalvleis nie, ek gooi sommer net heelwat paprika in en kook dit deur – dit gee vir die vleis ‘n lekker bruin/donker kleur.
Geur die vleis na smaak. Ek het bietjie swart peper en aromat ingesit en ‘n klein bietjie tamatie soppoeier daarin gemeng..
Ek sit toe ‘n laag macaroni onderin ‘n langwerpige glasbak.
Toe die maalvleis.
En hier kom die lekkerste deel: Sit nou die uieringe bo-op die vleis.
En dan weer ‘n laag macaroni.
Genoeg cheddarkaas bo-oor en “grill” dit ‘n bietjie in die oond. Pasop dat dit nie skroei nie.
Laat rus die gereg vir 10 – 20 min in ‘n lou-warm oond.
Daardie uieringe doen maar net die ding hoor. Die geur daarvan trek so lekker in die gereg in.
BRON – Anne Snyman




GEBAKTE MILJOENERS KAASKOEK

Gebakte miljoeners kaaskoektested

GEBAKTE MILJOENERS KAASKOEK
Resep en foto:  Nella Kootstra
FOOD LOVERS RECIPES
Kors
Tennisbeskuitjie kors
Vulsel
2 houers maaskaas
1 blikkie kondensmelk
125 ml suurlemoensap
½ koppie suiker
2 teelepel vlapoeier
½ tot 1 koppie room styfgeklits

Druk kors op bodem van tertpan vas.
Klits die room styf.
Meng die res van die bestanddele saam en meng room by.
Ek het bygevoeg: pynappel stukkies, ‘n klein pakkie gedroogte vrugtemengsel. Dus die pakkies wat neute, rosyne, piesangstukkies en klapper gemeng is.
Gebak  vir 45 minute.

Nella Kootstra –  Die grade is 180ºC, maar my oond was slegs 10 minute voor die tyd  aangesit. En nie eers die oond en toe die mengsel aangemaak nie.  Die amerikaanse miljoener tert bak ‘n mens nie en kry ook nie roomkaas in nie. Persoonlik hou ek van ‘n gebakte kaaskoek. En dit aangepas om ‘n gebakte kaaskoek te verkry.

Nicolene Botha –  En help met tennisbeskuit kors! Is dit net met botter gemeng
Rina Kleinhans –  Ja Nicolene Botha mens maak net jou beskuitjies fyn en meng met gesmelte botter tot dit lekker klam is en aan mekaar vasklou, gewoonlik so 80-100 ml op ‘n pakkie beskuitjies… toets maar dat dit nie te los is nie, anders val die uitmekaar uit wanneer jy op skep

Nella Kootstra –  Ronnie my man het die koekies fyn gemaak en met margarine gemeng. Hy het dit self ook in die tertbord gedruk. Hy het heelwat magarine gebruik, ‘n hollander is lief vir als wat romerig is! So Rina se hoeveelhede is korrek.




SMELTSAGTE GESTOPTE CALAMARI

calamari ansi fourie pypertested

SMELTSAGTE GESTOPTE CALAMARI
Stoom die calamari buise en braai dit dan vinnig in suurlemoen-en-knoffelbotter – jy sal nie glo hoe heerlik sag dit is nie!
Genoeg vir 4 mense

VULSEL
2 wiele fetakaas, gekrummel
125 ml (½ koppie) roomkaas
125 ml (½ koppie) gerasperde pecorinokaas
4 pikantrissies, gekap
2 jalapeño-rissies, gekap
CALAMARI
14 calamaribuise, skoongemaak
1 suurlemoen, in skywe gesny
80 ml (1/3 koppie) botter
3-4 knoffelhuisies, gekap
sap en skil van 1 suurlemoen, met ’n repieskiller geskil
2-3 takkies vars tiemie

VULSEL
Meng al die bestanddele vir die vulsel. Maak seker die calamaribuise is goed skoongemaak – kyk of daar enige plastiekerigheid aan die binnekant is.
CALAMARI
Skep die vulsel in ’n spuitbuis en spuit die calamaribuise goed vol. Steek die opening toe met peuselstokkies.
Pak die suurlemoenskywe in die bak van ’n stomer. Plaas die calamaribuise bo-op.
Stoom 8-10 minute tot die calamari gaar is en net van glaserig tot wit verkleur het.
Smelt die botter in ’n groot pan. Voeg die knoffel, suurlemoensap en -skil en tiemie by en verhit tot die mengsel geurig is en die botter effens verbruin het.
Voeg die calamari by en meng dit net vinnig deur die bottermengsel tot goed bedek.
Sit voor saam met lekker groot stukke Franse brood en ekstra wiggies suurlemoen.
Resep geplaas deur Linda Venter
Foto:  Ansi Fourie Pypers Fourie

WENK Skep dieselfde vulsel op groot bruinsampioene, in rooi soetrissiebakkies of maak ’n spleet in hoenderfilette en vul dit daarmee voor jy dit in die oond druk.




SULTANA AND MACADAMIA RUSKS

 

Sultana and Macadamia Ruskstested2015-10-21-sultanamacadamiarusks

SULTANA AND MACADAMIA RUSKS

INGREDIENTS:
1kg self-raising flour
250g butter
200ml sugar
320ml buttermilk
10ml baking powder
2 eggs
5ml salt
25ml oil
1 cup sultanas
1 cup unsalted crushed macadamia nuts

METHOD:

Pre-heat oven at 180C.
Sift all the dry ingredients together in a large bowl.
Rub in the butter and add eggs as well as oil and mix together. Add sultanas and macadamia nuts
Make a well in the centre and then add the buttermilk and knead well.
Transfer dough into 2 inch deep baking dish and press dough evenly onto baking sheet (about 1 inch in diameter)
Put the baking dish into oven and bake for 45 minutes.
Take rusks out and cut into pieces. Return rusks (in baking dish) to oven and dry them out in a low oven for 5 hours (or overnight).

RESEP INGESTUUR DEUR – Chinelle Van Der Westhuizen
FOTO – Chinelle Van Der Westhuizen en  Thalia Botha-Rondganger




ANNE SE SOET PATATS


ANNE SE SOET PATATS

Spuit kastrol met Spray & Cook.
1 kg patats
Stroop:
100 g botter
125 ml goue stroop
80 ml bruinsuiker
1/4 teelepel gemmer
knippie sout

Kook bestanddele van die stroop totdat dit dik word. Skil patats, sny in wiggies en kook tot sag, maar nie pap nie – daar moet nou min water in die kastrol oor wees nadat dit gekook het, of gooi die water af.
Gooi stroop oor en kook in oop kastrol oor matige hitte tot die patats en stroop saam dik is.

BRON – Anne Snyman

 

 

 




DILLE SOUS

DILLE SOUStested

DILLE SOUS
Hierdie is die dille sous wat ek gemaak het om saam die Gravad lax te gaan.
4 eetlepels aangemaakte Franse of Duitse mosterd
2 eetlepels suiker
2 groot eiergele
14 eetlepels olyfolie
4 eetlepels wynasyn
sout en peper
2 eetlepels gekapte vars dille

Klits die mosterd, suiker en eiergele goed. Voeg die olie en asyn geleidelik by terwyl aanhoudend klits. Meng goed na elke byvoeging. Voeg sout peper en gekapte dille by. Meng goed en plaas in yskas. Bedien saam dungesnyde gravad lax. (Salm)
BRON – Martie Fourie Moolman




KRUIE SAAM MET SOET WORTELS

 

kruietested

Val Ashbury – Watter kruie kan ek by soet wortels sit behalwe pietersielie

Lynette Pretorius – Vars mint

Wilma Britz – Ek maak my soet worteltjies met sesame olie, heuning en sesamie saadjie,kan klein bietjie sout en growwe swart peper bysit.

Annelore Von Solms Joubert – Heuning, lemoensap en bietjie gemmer. Baie lekker.

Michelle Docherty – Roosmaryn

Elzanne C. van Zyl – Ster anys en neut.

Stompie Theron Borman – Kook met suiker en lemoensap en bind met vlapoeier en water

Johanna Hector – Stuke Pypkaneel ,Suiker en botter

Val Ashbury – Klomp iedees maar ek het myself oortref. Olyf olie, bietjie sout , swart peper en een of ander spesery wat ek op grootmaat moes gekoop het want is in ander bottlje – maar so half barbecueerig. Njammie

Gail Welch – Gemmer. Baie lekker.

Rina Kleinhans – Vars gemmer,wortel en heuning

Ari Welman – Probeer dragon(tarragon). Koop gedroogde by Checkers of Wollies

Annalize Hattingh – Basil is lekker saam met soetgoedjies

Lelanie Olivier – Komyn/cumin of gemmer met botter en bruinsuiker- heerlik.

Karen Neethling Vd Merwe – Lint wortels gemaak met aartappel skiller, heuning en lemoensap

Anne-Marie Watt – Roerbraai gaar met botter, roosmaryn en n bietjie komyn. Gooi bietjie heuning by.

Marieta Matthews – Coriander en turmeric




UIE BLATJANG

onion chutney

UIE BLATJANG
8 groot uie gekerf
brandrissie gekerf na smaak
200 g suiker
130 g rooi wynasyn
130 g balsamiese asyn
olyfolie

Braai die uie en rissie in olyfolie tot sag. Voeg dan die suiker by en braai vir sowat 10 minute. Voeg die asyne by en laat saggies prut tot meeste van die vog verdamp het. Sit dit in ‘n glashouer en bere in die yskas.

 




GLUTENVRYE BLACK FOREST PAVLOVA

tested
GLUTENVRYE BLACK FOREST PAVLOVA

Dit is sommer my eie skepping. Dis ‘n grutenvrye weergawe vir ‘n Black Forest koek.
Vir die kersies het ek twee verskillende soorte gebruik. Een soort was gewone kersies in stroop en die ander was Amarena kersies. Dit het ek gemeng en verhit en ‘n sjokolade stroop van die sous gemaak. Dan begin die lae pak van eers ‘n merinque met room mengsel en sjokolade en kersies en dan die volgende laag. En dan kan daar gesmul word.

ekstra groot Eierwitte
450 g Strooisuiker
1,5 eetl Maizena
1 eetl Suurlemoensap
1 tl Vanilla
Halwe tl Kremetart

Vir die vulling:
200 ml Room
250 g Yogurt
Gerasperde sjokolade
Marcino Kersies

Metode:
Verwarm oond op 170 Grade Klits eierwit styf en voeg die strooisuiker en kremertart by. Voeg Maizena by. Klits tot styf en blink en glad. Vou die suurlemoensap en vanilla ook by. Teken op bakpapier 4 sirkels van 20cm elk. Verdeel die merinque mengsel op die sirkels. Stel oond tempratuur af na 120 grade C. en bak vir 1 uur en 30 minute. Laat afkoel in die oond. Verwarm die kersies en maak die sous dikker met bietjie cacao en versiersuiker en maizena(ongeveer 2 eetl versiersuiker 1 eetl maizena en 2 eetl cacao) As dit alles afgekoel is en net voor bediening kan die lae gepak word. Begin met ‘n merinque en plaas van die roommengsel op gevolg deur die kersies en gerasperde sjokolade. Pak die lae en sluit af met kersies en gerasperde sjokolade
BRON – Jeannette Havenga




Blomme van eetbare versiersel

 

Hoe om eetbare blomme te maaktested

Sarie van Tonder – dit is my passie. Ek leef daarvoor om met versiersuiker te werk, doen dit al 30 jaar. Ons gebruik ‘n eetbare gom jy kry verskillendes ek gebruik Dyocell. Meng 5ml poeier met 250gram RTR Plastic Icing werk deur tot “brittle” doop in water en werk deur tot hanteerbaar sag maar nie te styf nie. Dan is dit gereed om uit te rol en blaartjies af te druk vir die rosies ens. Die Cameo op die foto is ‘n mould. Hoop dit kan help. RTR is die wit rolbare versiersel wat jy gebruik om die troukoeke mee oor te trek.

Val Ashbury – Sarie van Tonder dankie vir Dyocell advies. Ek gebruik CMC, Tylose en tot onlangs Gum Trag. Sit met houer Dyocell en het soveel mense gehoor kla dat ek huiwerig was om te gebruik. Ek dink amper die doop in water is miskien nie op houer nie. My etiket is geskeur so net helfte inligting.