Druk kors op bodem van tertpan vas.
Klits die room styf.
Meng die res van die bestanddele saam en meng room by.
Ek het bygevoeg: pynappel stukkies, ‘n klein pakkie gedroogte vrugtemengsel. Dus die pakkies wat neute, rosyne, piesangstukkies en klapper gemeng is.
Gebak vir 45 minute.
Nella Kootstra – Die grade is 180ºC, maar my oond was slegs 10 minute voor die tyd aangesit. En nie eers die oond en toe die mengsel aangemaak nie. Die amerikaanse miljoener tert bak ‘n mens nie en kry ook nie roomkaas in nie. Persoonlik hou ek van ‘n gebakte kaaskoek. En dit aangepas om ‘n gebakte kaaskoek te verkry.
Nicolene Botha – En help met tennisbeskuit kors! Is dit net met botter gemeng
Rina Kleinhans – Ja Nicolene Botha mens maak net jou beskuitjies fyn en meng met gesmelte botter tot dit lekker klam is en aan mekaar vasklou, gewoonlik so 80-100 ml op ‘n pakkie beskuitjies… toets maar dat dit nie te los is nie, anders val die uitmekaar uit wanneer jy op skep
Nella Kootstra – Ronnie my man het die koekies fyn gemaak en met margarine gemeng. Hy het dit self ook in die tertbord gedruk. Hy het heelwat magarine gebruik, ‘n hollander is lief vir als wat romerig is! So Rina se hoeveelhede is korrek.









geskuif