VULSEL
2 wiele fetakaas, gekrummel
125 ml (½ koppie) roomkaas
125 ml (½ koppie) gerasperde pecorinokaas
4 pikantrissies, gekap
2 jalapeño-rissies, gekap
CALAMARI
14 calamaribuise, skoongemaak
1 suurlemoen, in skywe gesny
80 ml (1/3 koppie) botter
3-4 knoffelhuisies, gekap
sap en skil van 1 suurlemoen, met ’n repieskiller geskil
2-3 takkies vars tiemie
VULSEL
Meng al die bestanddele vir die vulsel. Maak seker die calamaribuise is goed skoongemaak – kyk of daar enige plastiekerigheid aan die binnekant is.
CALAMARI
Skep die vulsel in ’n spuitbuis en spuit die calamaribuise goed vol. Steek die opening toe met peuselstokkies.
Pak die suurlemoenskywe in die bak van ’n stomer. Plaas die calamaribuise bo-op.
Stoom 8-10 minute tot die calamari gaar is en net van glaserig tot wit verkleur het.
Smelt die botter in ’n groot pan. Voeg die knoffel, suurlemoensap en -skil en tiemie by en verhit tot die mengsel geurig is en die botter effens verbruin het.
Voeg die calamari by en meng dit net vinnig deur die bottermengsel tot goed bedek.
Sit voor saam met lekker groot stukke Franse brood en ekstra wiggies suurlemoen.
Resep geplaas deur Linda Venter
Foto: Ansi Fourie Pypers Fourie
WENK Skep dieselfde vulsel op groot bruinsampioene, in rooi soetrissiebakkies of maak ’n spleet in hoenderfilette en vul dit daarmee voor jy dit in die oond druk.









geskuif