

RONEL SE PRUTPOT AARTAPPELSOP
More moreâș
Ek hou daarvan om na die Pioneer Woman op Dstv se kos kanaal te kyk. Mensig sy kan darem vir jou sop maak. Ek het hierdie idee van Aartappelsop by haar gesien. đČ Maar ek het myne bietjie anders as hare gedoen. Sy gebruik bacon en low sodium chicken stock. En sy maak dit in n pot op die stoof. Ek het dit oor nag in my slow cooker gesit. En glo my die hele huis het heerlik geruik deur die nag.
Resep
3 wortels gewas en in blokkies gesny
1 groot ui gekerf
1 groot soetrissie in blokkies gesny
3 kaas russians ook op gesny
10 middelslag aartappels. Geskil en en blokkies gesny. ( as jy klein aartappels het gebruik bietjie meer) Continue reading














