

SJINESE PLAATKOEKIES
Ek het die Chinese Pancakes probeer. En is dit heerlik. Die mengsel is soos ons gewone flapjacks se deeg maar die eierwitte word styf geklop en by gesit. Heerlik saam met stroop of soos ek suurlemoen stropie oorgegooi het.
2 koppies koekmeel, gesif saam met knippie sout
2 teelepels bakpoeier
3 eetlepels suiker
1 ½ koppies karringmelk (my eie gemaak met gewone melk en 2 eetlepels wit asyn)
3 eiers, geskei
1 teelepel vanilla essense
1 eetlepel margarien, gesmelt Continue reading














