SJINESE PLAATKOEKIES

SJINESE PLAATKOEKIES
Ek het die Chinese Pancakes probeer. En is dit heerlik. Die mengsel is soos ons gewone flapjacks se deeg maar die eierwitte word styf geklop en by gesit. Heerlik saam met stroop of soos ek suurlemoen stropie oorgegooi het.
2 koppies koekmeel, gesif saam met knippie sout
2 teelepels bakpoeier
3 eetlepels suiker
1 ½ koppies karringmelk (my eie gemaak met gewone melk en 2 eetlepels wit asyn)
3 eiers, geskei
1 teelepel vanilla essense
1 eetlepel margarien, gesmelt

Klits eiergele met melk , vanilla en botter en voeg by meel.
Klop goed.
Klits eierwitte styf en vou by mengsel in.
Nou sit jy 2 koekiedrukkers in jou pan en skep so 2 -3 eetlepels in elke een en sit ‘n deksel op sodat die deeg kan rys. En keer dan om om aan die ander kant ook te bak.
Gooi stroop bo-oor sodra jy dit op bord sit.
Heerlik.
Resep en foto: Ronel Muller Thoma




HEERLIKE HOENDERPASTEI

HEERLIKE HOENDERPASTEI
1 heel hoender
1 ui, fyngekap
½ hoenderblokkie, verkrummel
1 pakkie kitsroomhoendersop
1 knoffelhuisie, fyngedruk
1 eetlepel pietersielie, fyngesny
½ eetlepel botter
1 teelepel olie
1 vel fillodeegPlaas die hoender in ’n oondbraaipan en voeg 500 ml water by. Strooi die pietersielie, ui, knoffel en hoenderblokkie oor die hoender en oondbraai teen 180°C vir 1½ uur. Laat dit afkoel as dit gaar is en verwyder die vel, ontbeen die hoender en snipper. Meng die soppoeier tot dit ’n pasta vorm, voeg dit by die hoenderaftreksel en kook dit op die stoof tot dit verdik. Voeg die versnipperde hoender by en kook vir 10 minute. Laat dit afkoel en plaas die hoendermengsel in ’n pasteiskottel en bedek met die fillodeeg. Verhit die olie en botter en verf dit oor die fillodeeg. Bak teen 180°C vir sowat 30 minute tot dit bruin is.

Wenk: Jy kan ook uie en sampioene braai en saam met die hoender voeg voor jy die pastei met fillodeeg bedek.

 




WILMA SE DIABETIESE LEMOENPATATS

WILMA SE DIABETIESE LEMOENPATATS
Ek het al baie in my lewe patats gaargemaak op verskillende maniere en dit ook al by baie geleenthede geniet wanneer iemand anders dit voorberei het maar nog NOOIT het ek patats so geniet soos vandag saammet ons middagete nie.
Hier is my weergawe van Lemoen Patats

Skrop 1 kg rooi patats skoon en sny in skywe. (Los die skil aan, dis goed vir jou!)
Was en sny 2 Valencia lemoene in skywe.
100 ml Xylitol
20 ml botter
250 ml lemoensap (ek’t lemoene uitgedruk en van die pulp ook gebruik)
250 ml gekookte warm water
5 ml kaneel
3 ml gemmer
3 ml (Himalya) sout
varsgemaalde swart peper
Smelt die botter en Xylitol saam. Pak die lemoenskyfies in ‘n enkellagie in die mengsel. Pak nou ‘n lekker dik laag patatskyfies bo-op die lemoenskywe. Strooi 2,5 ml kaneel, 1,5ml gemmer, bietjie sout en varsgemaalde peper oor. Herhaal weer die lae en eindig met patats. Strooi die res van die kaneel, gemmer, sout en varsgemaalde peper oor.
Meng die lemoensap en water en gooi oor die patats. Sit die deksel dig op en kook oor lae hitte tot die vloeistof amper weggekook het. Moenie meng nie.
Ek het nog bietjie kaneel en Xylitol gemeng (soos vir pannekoek en liggies oorgestrooi) en dit net vir ‘n paar minute laat vinning kook tot die Xylitol gesmelt het.
Bedien Warm as bykos!
Resep en foto:  Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




GEVULDE VETKOEK

GEVULDE VETKOEK
(sowat 10 – 12 vetkoeke)
250 g koekmeel
10 ml bakpoeier
15 ml suiker
2 eiers, geklits
125 ml water
2 ml sout
olie, om in te braai
6 hardgekookte eiers
een pak van sowat 500 g dun beeswors, gaar

Sif die meel en bakpoeier saam en voeg die suiker by. Meng die eiers met die water en voeg die sout daarby. Voeg hierdie mengsel by die droë bestanddele en knie tot jy ’n gladde deeg het. Verhit genoeg olie vir vlak- of diepbraai in ’n pan. Die olie moet warm wees, maar nie op rookpunt nie. As jy gewone vetkoek wil maak, sit jy ’n deegbal in die olie, braai tot goudbruin aan albei kante en dreineer. As jy gevulde vetkoek wil maak, moet jy ’n eier en/of ’n stukkie wors in deeg toedraai en dit dan diepbraai.

Foto:  Rina Kleinhans – die tekstuur is maar soos gewone bakpoeier vetkoek, maar dit is nogtans baie lekker en vinnig. Maak net seker jou olie is nie te warm nie en bak stadig dat dit reg deur gaar word voor dit te donker is, ek het ook warm olie die hele tyd oor gegooi, en hulle het mooi gerys.
Ek glo indien mens gekoopte brood deeg gebruik sal jy die lekker los tekstuur kry soos op die laaste foto




NO BAKE CHERRY CHEESECAKE

NO BAKE CHERRY CHEESECAKE
Recipe and photo: Tracy Vohra
FOOD LOVERS RECIPES
1 x packet of biscuits crushed
½ cup of melted butter
2 cream cheese (230 g each)
250 ml thicken cream
1  tin of condensed milk
1  bottles of cherries
1  packet of raspberry jelly
1 cup sugar
Crush biscuits and add melted butter. In a saucepan pour cherries and juice and add sugar. Bring to a slow boil until liquid has reduced half and add the packet of jelly and take it off the heat and still well but not to rough. Let it sit aside to cool down. Press biscuit into a pie dish and bake till golden brown and let it cool down.
In a mixer mix cream cheese, cream and condensed milk, once the cherry mixture has cooked I added a couple spoonfuls into the cream cheese and a bit of the syrup. Mix through but not evenly as you would like some white bits to, pour onto biscuit base and scoop out the rest of the cherries on the top of the cheesecake and a little of the syrup.. put in fridge to set overnight

 


Tracy Vohra
I have posted a recipe of a cherry cheesecake before but forgot to get cherries, and only had dairy milk chocolate block. So I made the same base for cheesecake but instead of cherries I melted chocolate and added it to the cheesecake filling and cos it’s a grown ups cake I used two tablespoons of scotch.. I could of added a bit more chocolate and scotch but it tastes yummy regardless




JAN SE MARMITE OONDHOENDER EN AARTAPPELS

JAN SE MARMITE OONDHOENDER EN AARTAPPELS

Smeer heel hoender binne en buite met marmite of bovril.
Bak in n oop oond bak tot gaar.
Gooi ongeskilde baba aartappels in n pot met genoeg room om dit te bedek.
Verhit tot kookpunt en voeg dan 2 eetlepels marmite/bovril (ek het kaas marmite gebruik) by en kook tot al die room weg is en net die olierigjeid oor bly in pot.
Draai aartappeldls gereeld om tot lkr bruin.
Die aartappels is hemels en baie ryk. Albei moet jy maar bietjie sout oorgooi anders is dit baie vars. Hoender is sag en sappig met n mooi bruin kleur. die marmite oorheers glad nie die smaak nie.

Foto: Franco Dippenaar




BACON PASTA

BACON PASTA
Braai ui, mushroom en bacon met knoffel in ‘n pan.
Gooi spinasie of brokkoli by.
Sit speserye na smaak by.
Maak witsous en meng met bacon mengsel.
Meng deur pasta van keuse.
Gooi in oondbak en rasper kaas oor.
Bak tot goudbruin.
Kan ook ui, bacon, mushroom, tamatie en greenpepper braai in botter.
Meng weer met witsous en pasta.
Kan ook bacon braai en gewone slaai maak sonder kropslaai.
Kook macaroni of penne.
Meng bacon, slaai en pasta en roer slaaisous deur.
Dis ook baie lekker

Elizabeth Frylinck Claassens




WILLEM SE MAKLIKE KARRINGMELKBESKUIT

WILLEM SE MAKLIKE KARRINGMELKBESKUIT

1½ kg bruismeel
1 teelepel sout
250 g botter
1½ koppies suiker
500 ml karringmelk
3 eiers
Verhit oond tot 180 ºC.
Meng meel en sout saam.
Vryf botter by die meel in.
Verhit 100 ml melk en smelt die suiker daarin.
Voeg karringmelk by suikermengsel en meng deur.
Klits eiers en meng by karringmelkmengsel.
Meng nat bestanddele by meelmengsel met ‘n houtlepel.
As die deeg te droog is voeg meer melk by.
Druk in oondpan en bak 1 uur.
Ek het 2 koppies muesli bygesit vandag. Jy kan ook 2 tot 3 eetlepels anyssade bysit.
Lekker bak.

Resep en foto: Willem Bierman




LORAINE SE KERRIE UIE HOENDER

LORAINE SE KERRIE UIE HOENDER

9 hoender porsies gebruik dye en boudjies
5 naeltjies
4 lourierblare sout na smaak.
1 hoogvol eetlepel kerriepoeier
4 teelepels suiker
2 groot uie opgesny
Metode:
kook hoender met naeltjies en lourierblare en sout tot sag en tot daar net ‘n bietjie water op is. Gooi gesnyde uie oor die hoender, strooi kerriepoeier en suiker oor die hoender en potbraai tot uie lekker sag is. Skep hoender en kerrie uie sous oor die hoender en bak in die oond tot lekker bruin en vel van hoender bros is.

Resep en foto: Loraine Peyper Viljoen




MELKKOS WITH SAGO


MELKKOS WITH SAGO

Ingredients:
250 ml Sago
2.5 litres milk
2 eggs
60 ml water
30ml custard powder
30ml flour
2 ml (½ tsp) salt
25g (30ml) butter
Cinnamon sugar

Method:
Soak the sago 1 hour in the milk.
Heat the mixture in a large heavy-based saucepan and bring to a boil, stirring it all the time.
Separate the eggs. Beat the egg yolks, water, custard powder, flour and salt.
Stir the egg mixture into the sago and milk mixture, and cook until it thickens.
Stir in the butter.
Beat the egg whites until stiff and fold in the Melkkos mixture. Keep it light and fluffy.
Serve with cinnamon sugar.

SOURCE: sapromo
https://www.sapromo.com/sago-melkkos-recipe/1767