

LORAINE SE KERRIE UIE HOENDER
9 hoender porsies gebruik dye en boudjies
5 naeltjies
4 lourierblare sout na smaak.
1 hoogvol eetlepel kerriepoeier
4 teelepels suiker
2 groot uie opgesny
Metode:
kook hoender met naeltjies en lourierblare en sout tot sag en tot daar net ‘n bietjie water op is. Gooi gesnyde uie oor die hoender, strooi kerriepoeier en suiker oor die hoender en potbraai tot uie lekker sag is. Skep hoender en kerrie uie sous oor die hoender en bak in die oond tot lekker bruin en vel van hoender bros is.
Resep en foto: Loraine Peyper Viljoen






