

WILMA SE DIABETIESE LEMOENPATATS
Ek het al baie in my lewe patats gaargemaak op verskillende maniere en dit ook al by baie geleenthede geniet wanneer iemand anders dit voorberei het maar nog NOOIT het ek patats so geniet soos vandag saammet ons middagete nie.
Hier is my weergawe van Lemoen Patats
Skrop 1 kg rooi patats skoon en sny in skywe. (Los die skil aan, dis goed vir jou!)
Was en sny 2 Valencia lemoene in skywe.
100 ml Xylitol
20 ml botter
250 ml lemoensap (ek’t lemoene uitgedruk en van die pulp ook gebruik)
250 ml gekookte warm water
5 ml kaneel
3 ml gemmer
3 ml (Himalya) sout
varsgemaalde swart peper
Smelt die botter en Xylitol saam. Pak die lemoenskyfies in ‘n enkellagie in die mengsel. Pak nou ‘n lekker dik laag patatskyfies bo-op die lemoenskywe. Strooi 2,5 ml kaneel, 1,5ml gemmer, bietjie sout en varsgemaalde peper oor. Herhaal weer die lae en eindig met patats. Strooi die res van die kaneel, gemmer, sout en varsgemaalde peper oor.
Meng die lemoensap en water en gooi oor die patats. Sit die deksel dig op en kook oor lae hitte tot die vloeistof amper weggekook het. Moenie meng nie.
Ek het nog bietjie kaneel en Xylitol gemeng (soos vir pannekoek en liggies oorgestrooi) en dit net vir ‘n paar minute laat vinning kook tot die Xylitol gesmelt het.
Bedien Warm as bykos!
Resep en foto: Wilma Josey Venter
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.






