JAN SE MARMITE OONDHOENDER EN AARTAPPELS
Smeer heel hoender binne en buite met marmite of bovril.
Bak in n oop oond bak tot gaar.
Gooi ongeskilde baba aartappels in n pot met genoeg room om dit te bedek.
Verhit tot kookpunt en voeg dan 2 eetlepels marmite/bovril (ek het kaas marmite gebruik) by en kook tot al die room weg is en net die olierigjeid oor bly in pot.
Draai aartappeldls gereeld om tot lkr bruin.
Die aartappels is hemels en baie ryk. Albei moet jy maar bietjie sout oorgooi anders is dit baie vars. Hoender is sag en sappig met n mooi bruin kleur. die marmite oorheers glad nie die smaak nie.
Foto: Franco Dippenaar