

MAKLIKE VINNIGE VISGEREG
Vismengsel:
1 blikkie sardyne in tamatiesous, geur met Worcestersous en tamatiesous na smaak
Deeg:
1 koppie meel
½ koppie gerasperde kaas
2 teelepels bakpoeier
½ koppie olie
knippie sout
½ koppie melk
Vir die deeg:
Meng die olie en melk.
Meng al die bestanddele met ʼn mes sodat dit ʼn slap deeg vorm.
Skep lepelsvol van die deeg en vismengsel om die beurt in ʼn kring in ʼn vuurvaste bak sodat dit soos ʼn blom lyk.
Bak vir 15 minute by 200°C (400°F).
Bron: Louisa Cilliers, Koffiefontein
Geplaas deur Karin Pitout






