


TAMATIEBREDIE MET APPEL SELDERY EN DRUIWE SLAAI
Tamatiebredie
2 uie, in skywe gesny
2 aartappels, in kwarte gesny
1 kg bredievleis, in blokkies gesny
6 tamaties, geskil en ontpit
1 eetlepel suiker
sout en varsgemaalde swartpeper
20 ml vars tiemie
5 ml vars oreganum
2 knoffelhuisies, fyn gekap
witwyn
5 ml vars marjoram
Braai die uie sag en voeg die vleis by. Braai 40 minute lank. Voeg bietjie water by indien dit te droog lyk. Voeg die suiker, tamaties, aartappels en kruie by. Laat waai sommer met die peper. Kook 1¼uur lank. Voeg die witwyn by indien dit te droog raak. Kook tot alles sag is, en die sous lekker verdik het.
Slaai:
Sny granny smith appels in skywe ( 1 appel pp, seldery in dun repies, hou blare vir garnering, en rooi druiwe in helfte gesny. Sprinkel met asyn, olyf olie en sout en peper na smaak.
Bron en foto: Lelane Van Der Walt







Geskuif