RONEL SE PRUTPOT AARTAPPELSOP
More more☺
Ek hou daarvan om na die Pioneer Woman op Dstv se kos kanaal te kyk. Mensig sy kan darem vir jou sop maak. Ek het hierdie idee van Aartappelsop by haar gesien. 🍲 Maar ek het myne bietjie anders as hare gedoen. Sy gebruik bacon en low sodium chicken stock. En sy maak dit in n pot op die stoof. Ek het dit oor nag in my slow cooker gesit. En glo my die hele huis het heerlik geruik deur die nag.
Resep
3 wortels gewas en in blokkies gesny
1 groot ui gekerf
1 groot soetrissie in blokkies gesny
3 kaas russians ook op gesny
10 middelslag aartappels. Geskil en en blokkies gesny. ( as jy klein aartappels het gebruik bietjie meer)
Braai wortels, ui, soetrissie, en worsies in bietjie olie vir so paar minute saam totdat die ui deurskynend is.
Plaas dan alles in prutpot. Gooi sout bo oor groente in pot.
Krummel 2 blokkies hoenderekstrak en strooi oor groente en sit aartappels bo-op.
Voeg water by.
Stel prutpot “hoog” en laat kook (van so 7u af as jy dit in die aand doen).
Volg oggend (so teen 7:30 se kant) voeg by: 1 kop melk gemeng 4 eetlepels meel. Kook verder vir nog ‘n uur op “hoog”
Gebruik blitsklitser om aartappels en groente fyn te klits.
Voeg 1 pakkie sampioensop en grof gemaalde swart peper by.
Kook dit vir nog n rukkie totdat sop deurgekook het. Baie lekker.
Resep aangepas deur: Ronel Muller Thoma
Foto: Ronel Muller Thoma