


OONDGEBAKTE VARK OF SKAAPSTERTJIES
Ekt vanaand vir ons varkstertjies in die oond gebak vir ‘n voorgereggie en was djeeeerlik.
‘n paar ontvelde varkstertjies
1 medium ui, gekerf
1 eetlepel blatjang
1 eetlepel woestersous
1 eetlepel olyfolie
1 eetlepel sweet chillie sous
1 teelepel sout
½ teelepel witpeper
1 eetlepel heuning
1 teelepel sojasous
1 eetlepel dijon mosterd
½ teelepel chillieflakes Continue reading
Category Archives: Voorgeregte / Starters
BROCHETTA MET AVOKADO


BROCHETTA MET AVOKADO
Brochetta met Avokado is lekker vir voorgereg. Dis maklik en vinnig.
Jy benodig ryp avo’s, roomkaas, iets soos biltong, ham of salm geur.
Repies ham/hoender of gerookte snoek, tamatie, sprietuie.
Franse brood, olyfolie en bietjie fyn knoffel.
Sny die broodjies teen ‘n skuinshoek rooster.
Smeer met mengsel van olyfolie en knoffel.
Meng suurlemoen met avokado om verkleuring te voorkom.
Smeer lagie van avokado oor.
Dan jou ham/hoender/snoek/ en dan stukkies tamatie (ek gebruik sommer klein kersie tamaties wat ek net half veer).
Skep ‘n bietjie roomkaas op en versier met sprietuie, en wat lekker is jy kan dit vooraf maak en bedien.
As jy kan bedien ‘n snytjie spanspek hiermee saam. Dit komplimenteer dit en lyk feestelik/somer. Jy kan waatlemoen ook gebruik as spanspek nie vir jou werk.
Resep: Susan-Katryn Janse van Rensburg
GEBAKTE TUNAGEREG


GEBAKTE TUNAGEREG
Resep en foto: Amanda Raath
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie is die heel lekkerste Tunagereg. Daar bly niks oor as dit voorgesit word nie. Jy kan dit as ‘n peuselhappie bedien met sout beskuitjies of as voorgereg of selfs as hoofgereg met slaai.
2 blikkies tuna, water afgegooi
1 groot pak sout en asyn skyfies
1 koppie gerasperde kaas
1 koppie mayonnaise
1 blik sampioenroomsop
1 eier
Meng al die bestanddele saam.
Skep in ‘n visvorm (of gewone gesmeerde oondbak as jy nie ‘n visvorm het nie).
Plaas in ‘n pan met water. Bak 1 uur lank teen 180ºC.
Laat afkoel en keer uit (indien in vispan gebak en pak soutkoekies rondom), anders hou in bak, sny in blokkies in bedien koud.
SPEK ROL BROODJIE


SPEK ROL BROODJIE
Ek’t vanaand hierrie oudurfie goetertjies gemaak en was djeeeerlik.
Vir elke een het jy nodig:
1 snytjie brood, korsies afgesny en platgerol met ‘n koekroller
een repie spek
een repie kaas
‘n klein bietjie Chutney
Smeer ‘n bietjie Chutney op die een helfte van die brood en plaas die kaas daarin en rol dit toe.
Draai dan die brood en kaas toe met die repie spek en braai dit tot goudbruin op die vuur.
Hmmmmmmmm djeerlik!
Foto en resep: Gideon Louw
TUNA ROL


TUNA ROL
VULSEL
1 blikkie tuna
1 ui, fyngekap
2 derde koppie gerasperde kaas
6 eetlepels gerasperde yskoue botter
6 eetlepels mayonaise
1 eetlepel blatjang
Meng alles en hou een kant.
ROL: Continue reading
GROOT BRUIN SAMPIOENE MET ‘N VERRASSING

GROOT BRUIN SAMPIOENE MET ‘N VERRASSING
Die hoeveelheid van die bestanddele is afhangende van hoeveel sampioene jy voorberei.
groot bruin sampioene
olyfolie
roomkaas
gekapte grasuie
balsamiese granaatasyn of gewone balsamiese asyn
gekerfde biltong
tamatieskywe
Cheddarkaas, gerasper
gekapte pietersielie
grofgemaalde pienksout en swartpeper
Plaas die sampioene op ‘n bakplaat, drup paar druppels olyfolie oor elke sampioen.
Geur die maaskaas met die grasuie en asyn volgens eie smaak.
Smeer met die agterkant van ‘n teelepel bietjie van die gegeurde roomkaas binne in elke sampioen, strooi die biltong bo-op die roomkaas en plaas ‘n skyf tamatie bo-op elke gevulde sampioen.
Sprinkel die Cheddarkaas en gekapte pietersielie laastens bo-oor en geur met die pienksout en swartpeper.
Bak die sampioene in ‘n voorverhitte oond by 180°C totdat die kaas gesmelt is. Bedien as voorgereg of as hoofgereg saam met groente.
Resep en foto: Fanie Smit
BLAARSLAAI SOP



BLAARSLAAI SOP
Kan warm of koud voorgesit word Hierdie is vir omtrent 6 voorgereg poersies bedien met ciabata broodjie
Weet nie wie die resep eerste uitgedink het nie maar ek het groot pryse daarmee gewen.
2 koppe blaarslaai
1 liter hoenderekstrak
1 koppie room, of ongegeurde joghurt
handvol gekapte pietersielie
1 aartappel, geskil en in blokkies gesny
Sny die blaarslaai in groot stukke en spoel af. (jy hoef dit nie droog te maak nie)
Plaas dit in kastrol met die hoenderekstrak en aartappel.
Kook tot die blaarslaai deurskynend is.
Verpulp die mengsel in ‘n voedselverwerker. Continue reading
INEKE SE SLAKKEPOT


INEKE SE SLAKKEPOT
1 ui fyn, gekap
1 blik slakke, gewas
1 eetlepel knoffel of minder na smaak
1 eetlepel botter en olie vir braai
3 eetlepels bruismeel of gewone meel
2 koppies melk en of room
Braai ui in botter en olie tot amper sag en gooi knoffel by. Braai saam met slakke tot alles gaar is.
Gooi meel en melk by slakke. Voeg sout, Aromat, peper en bietjie chilli by. Gooi kaas oor net voor jy dit opdien. Gooi bietjie melk by as kaas sous te dik is.
Resep geplaas deur Ineke Steyn
Foto: Ineke Steyn
CHARMAINE’S MAKATAAN “KARKOER” APPETIZER



CHARMAINE’S MAKATAAN “KARKOER” APPETIZER
2 kg wild melon
3 tablespoons peanut butter
1 tablespoon maize roller meal (or millet or sorghum meal if preferred)
1 tablespoon honey
½ teaspoon salt
Wash and dry melon, peel and cut into slices, remove seeds.
Boil the melon slices in a pan until tender.
Add salt and maize/millet meal and mash.
Add peanut butter and honey.
Cover and leave on a low heat for 5 minutes.
Serve hot or cold as a starter or sweet.
Source and Photo: Charmaine Mai Brayden Mataga
COLD RADISH SOUP


COLD RADISH SOUP
Recently, I prepared another version of my most summery soup. Creamy cold radish soup with a hint of garlic and thyme was refreshing and very tasty and only takes a moment to prepare. It is the best with new potatoes liberally sprinkled with dill. It is an excellent dish for a quick and easy dinner on a hot summer day. And it is only a little bit pink ..
Ingredients (for 4 people)
2 bunches of radishes
1 liter of natural yoghurt
2 cloves of garlic
2 tablespoons of minced thyme
4 tablespoons of minced chives
salt and pepper
Clean the radishes and grate them. Crush the garlic. Mix the radishes in with the garlic, chives and thyme. Add the natural yoghurt, spice it up with salt and pepper and mix it in. Serve with hot new potatoes with dill.
The recipe comes from “Smaki życia” (“Flavour of Life”) by Agnieszka Maciąg
Source: Katarzyna Posłuszny
https://www.home-madepatchwork.com/

