

TUNA ROL
VULSEL
1 blikkie tuna
1 ui, fyngekap
2 derde koppie gerasperde kaas
6 eetlepels gerasperde yskoue botter
6 eetlepels mayonaise
1 eetlepel blatjang
Meng alles en hou een kant.
ROL:
4 eiers geskei
3 eetlepel suiker
½ teelepel sout
6 eetlepel koekmeel
Rolkoek pan 38 x 25 cm. Voer uit met bakpapier. Skei eiers en klits witte tot skuim. Voeg suiker en sout by en klits styf. Voeg geklitse eiergele by en vou in. Sif meel en vou in. Bak 8 min en keer op klam doek uit. Verwyder papier en smeer vulsel oor en rol op.
BEDEKKING:
½ koppie maaskaas
6 eetlepels Cheddar smeerkaas
fyngekapte pietersielie
Meng kase en smeer oor rol. Strooi pietersielie oor en versier soos verkies. Ek het al voorheen die resep geplaas en die rol in die breedte opgerol. Hierdie keer in die lengte en versier met capers. Gevulde peppadews, klein slaaitjie en tuisgebakte brood as ‘n snackie.
Foto: Martie Fourie Moolman






