


BLAARSLAAI SOP
Kan warm of koud voorgesit word Hierdie is vir omtrent 6 voorgereg poersies bedien met ciabata broodjie
Weet nie wie die resep eerste uitgedink het nie maar ek het groot pryse daarmee gewen.
2 koppe blaarslaai
1 liter hoenderekstrak
1 koppie room, of ongegeurde joghurt
handvol gekapte pietersielie
1 aartappel, geskil en in blokkies gesny
Sny die blaarslaai in groot stukke en spoel af. (jy hoef dit nie droog te maak nie)
Plaas dit in kastrol met die hoenderekstrak en aartappel.
Kook tot die blaarslaai deurskynend is.
Verpulp die mengsel in ‘n voedselverwerker.
Sout en peper na smaak.
Voeg die room of joghurt by.
Bedien met pietersielie as garnering.
Dit is ‘n sop maar afhangende van die hoeveelheid vloeistof wat jy ingooi verskil die dikte en dus kan dit ‘n “soep”/sop/puree wees jy besluit maar waarvoor jy dit wil gebruik Ek het ook al verskeie speserye ingegooi om die smaak te verander Cumin werk goed. Hierdie sop is heerlik verby Vernaamlik as jy botter smelt die speserye ingooi en dan die blaarslaai stoom so rukkie oppas vir brand en gooi dan die aartappel en hoederekstrak by. Geniet!
Resep geplaas deur Hendrika Barkhuizen Kruger






