

SPEK ROL BROODJIE
Ek’t vanaand hierrie oudurfie goetertjies gemaak en was djeeeerlik.
Vir elke een het jy nodig:
1 snytjie brood, korsies afgesny en platgerol met ‘n koekroller
een repie spek
een repie kaas
‘n klein bietjie Chutney
Smeer ‘n bietjie Chutney op die een helfte van die brood en plaas die kaas daarin en rol dit toe.
Draai dan die brood en kaas toe met die repie spek en braai dit tot goudbruin op die vuur.
Hmmmmmmmm djeerlik!
Foto en resep: Gideon Louw






