

GEBAKTE TUNAGEREG
Resep en foto: Amanda Raath
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie is die heel lekkerste Tunagereg. Daar bly niks oor as dit voorgesit word nie. Jy kan dit as ‘n peuselhappie bedien met sout beskuitjies of as voorgereg of selfs as hoofgereg met slaai.
2 blikkies tuna, water afgegooi
1 groot pak sout en asyn skyfies
1 koppie gerasperde kaas
1 koppie mayonnaise
1 blik sampioenroomsop
1 eier
Meng al die bestanddele saam.
Skep in ‘n visvorm (of gewone gesmeerde oondbak as jy nie ‘n visvorm het nie).
Plaas in ‘n pan met water. Bak 1 uur lank teen 180ºC.
Laat afkoel en keer uit (indien in vispan gebak en pak soutkoekies rondom), anders hou in bak, sny in blokkies in bedien koud.






