

DIE GAARMAAK VAN TONG, GAMMON EN PORK BELLY
TONG
Kook jy vir 3 ure stadig met water bedek. As jy dit in jou drukkoker doen is 45 min. genoeg. Sit ‘n gekapte ui, naeltjies, wortel en loerierblaar by. Laat afkoel in die water. Haal uit die water en trek die vel af. Die vel kom maklik af, don’t panic. Draai die tong in cling wrap toe en plaas in ‘n bak of bord. Nou moet jy kreatief raak en ‘n manier uitfigure hoe om iets swaar bo-op te plaas wat jy oornag in die yskas kan sit. Jy pers hom so bietjie. Môreoggend het jy ‘n lekker stywe tong om dun skyfies te sny. Gooi mosterdsous.
GAMMON OF ONTBEENDEVARKNEK
Kan jy in die oond bak. Maklik! Sit in jou braaibak met ‘n deksel op. Giet klein bietjie water onderin om ‘n stoompie aan die gang te kry vir ‘n lekker sappige gammon. Bak so 90 minute, hang af van die grootte.180ºC. Sny die taai vel met ‘n skerp messie af dat net die vet oorbly. Maak diamant patroontjies vir fancygeit. Smeer enige van die volgende oor: appelkooskonfyt, mosterd, heuning, bruinsuiker. Of ‘n kombinasie van ‘n soetigheid met mosterd. Grill so bietjie tot dit mooi lyk. Hou dop dat dit nie brand nie.
PORK BELLY
(my gunsteling): Sout en peper, of jou gunsteling speserye. Gee hom ‘n spa treatment en massage so liggies. Bak oop op 160*C vir omtrent 2 ure. Indien baie dik en groot gaan vir 2 en ‘n half ure. Steek met skerp mes om te voel of die vleis sag is. Die mes moet deur gly. Grill bietjie vir lekker crispy cracking as dit nie reeds crisp genoeg is nie.
Raad gegee deur Louise Groenewald
Foto: Louise Groenewald – ontbeende varknek







oORGEPLAAS NA NUWE BLOG – 11/01/20
…OORGEPLAAS*