

OORNAG PICALILLY
Vir die pekel:
2 liter koue water
100 g sout
Was en kap die volgende groente in stukkies. Onthou jy smeer die picalilly op n broodjie en moet dit lekker kan hap.
Gerkins, wortels, murgpampoentjies, komkommer, blomkool in stukkies gebreek en 2 groot uie. Als saam so +-2kg.
Week die groente met die pekel oornag vir +-12 ure. Dreineer goed volgende oggend.
Vir die sous:
1.5 liter asyn
750 g suiker
30 g koekmeel
30 ml fyn gemmer
30 ml mosterdpoeier (Colemans hot english mustard)
30 ml borrie (Tumeric)
30 ml kerriepoeier matig
150 ml appelkooskonfyt
bietjie sout
bietjie swart peper na smaak
Meng al die sous bestanddele in die pot bymekaar en bring tot kookpunt.
Sous is te dun, los 120 ml maizena in bietjie water op en voeg by. Jy sal weet hoe dik jy sousie wil hê. Proe eers of die sous na jou smaak is. As dit te suur is voeg suiker by tot jy daarvan hou.
Sit nou die groente by en kook vir +-10min of tot groente sag is. Ek het my groente gekook dat dit nog ‘n crunch het. Roer dat dit nie brand nie..
Skep warm picalilly in vooraf gesteriliseerde bottels. Seël terwyl warm.
Foto en resep: Marié Fourie







geskuif