TUNATERT MET BROOD
2 uie
1 koppie melk
4 – 6 snye brood
2 blikkies tuna wat in olie is
1 koppie gerasperde kaas
pietersielie
blatjang
tamatiesous
4 geklitste eiers
sout en peper na smaak
ekstra gerasperde kaas
Braai die uie.
Week die brood in die melk. Roer dat dit soos n “pap” lyk.
Voeg die uie, tuna plus die olie in die blikkie, kaas, pietersielie, blatjang, tamatiesous en geklitste eiers by.
Roer goed deur.
Skep in gesmeerde oondbak, strooi ekstra kaas oor.
Bak tot styf/gestol by 180ºC. Sny in klein blokkies. bedien warm of koud.
Resep: Nada Duplessis Bloem Continue reading














