SOUT KAASTERT
Oond 180 gr C.
Meng alle bestanddele saam:
1 kg cheddarkaas, gerasper,
6 groot, geklitste eiers,
1 pak bacon, gekap,
1 klein hamrol, gerasper,
2 E worcestersous,
2 E gekapte pietersielie
En sout en peper.
Skep in groot, diep gesmeerde tertbak en bak vir 40-50 minute tot gaar en goudbruin.
N.S…Kyk net na die kommetaar oor die tert asb…..dit is net onder aan die bladsy.









Marlize Harmse It was nice a little salty so next time will leave the salt and pepper. Had it with garlic bread.
Cornelia Myburgh En het jy melk bygegooi en hoeveel kaas?
Marlize Harmse Geen melk nie. Ek het omtrent 3 koppies kaas gebruik. Omtrent 400gr ham en 2 pakkies bacon stukkies.
Leonie Myburgh Wallis ok myne is HEERLIK maar….. ek het die resep aangepas. het omtrent 3koppies kaas gebruik en net n halwe rol ham (daai van enterprise met die kaas in) en omtrent so 5eetlepels koekmeel met n kwart koppie melk. sal volgende keer n bietjie bakpoeier ook by sit OF self raising flour eerder gebruik want hys nie baie pof nie. maar poe lekker xx
Leonie Myburgh Wallis OOH ja en ek het my bacon gebraai voor ek dit ingesit het. dink ook n fyn gekapte ui saam met die bacon gebraai sal ook heerlik wees
Marlize Harmse Jip Leonie Myburgh Wallis ek stem saam hy is nie pof nie. Volgende keer sal meel en melk bysit.