Die vulsel vir die pastei op die foto is sommer na smaak. Ek het ‘n heel hoender in die stoompot gesit met BBQ speserye, koppie water en die twist hier is, ek gebruik ‘n koppie rooiwyn as vloeistof in die stoompot. Na so 30min het ek die hoender uitgehaal en ontbeen (‘n baie moeilike “proe”ses vir my!). Ek het leeks, aartappels, wortels, mushrooms en seldery in die vloeistof in die stoompot gesit en dit vir so 20min gekook. Ek het die ontbeende hoender (wat oorgebly het ) in die pot gesit saam met ‘n pakkie instant gravy. So handvol of twee gevriesde ertjies bygesit en dit toe in die bak geskep. Die degie oorgegooi en dit vir so +/- 30min gebak teen 180ºC. Ek gooi sommer gewoonlik enige speserye en groente en vleis in ‘n pot as ek kook, so ek kan nooit een van my disse weer maak nie!
Sommer ‘n slap degie gebruik, maar die een is nog luier as die Lui Huisvrou Deeg op die blog.
Lui huisman slapdeeg
½ koppie melk
½ koppie kookolie
1 eier
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
1 knippie sout
Speserye
Meng al die bestansdele saam om slap deeg te maak.
Wian Swart: Ek het die resep verdubbel vir die pastei, maar nie die olie nie. Ek het ½ koppie olyfolie gebruik en bietjie meer melk in gegooi.
Foto- Wian Swart








