Ek deel egter intussen met julle my ‘GEEN GIS PIZZA DEEG”. Dit werk elke keer!!!
Meng 2 koppies gewone meel,
2 teelepels bakpoeier,
1 teelepel sout,
2/3 koppie melk en
‘n kwart koppie olie in ‘n mengbak.
Roer baie vinnig tot ‘n deeg vorm wat loskom van die kante van die bak.
Maak ‘n bal en plaas in ‘n plastieksakkie in die yskas om koud te word. ( Ek gooi alles in my food processer en meng dit vinnig met die lem. Vat paar sekondes om deeg te vorm.)
Rol uit en gebruik soos enige pizzadeeg.
Nota: Ek het net my pizzadeeg, gebruik en so bietjie geinproviseer deur stukkies kaaswors binne in die rolletjies te sit. Pak die rolletjies in ‘n bak, bak in die oond by 180 grade C ongeveer 45 min tot gaar toets
Recipe and photo: Adam Cloete









