BROODRING VAN GEKOOPTE DEEG
Neem een pak brood deeg, rol hom lekker langwerpig uit, maak ‘n lekker smoor deur die volgende saam te braai:
tamatie, uie, sampioene, soetrissies en songedroogte tamaties, genoeg kruie en speserye na smaak.
Laat afkoel en smeer op die deeg, krummel lekker dik feta kaas op en rol in die lente op.
Sit in ‘n ring pan en druk die punte mooi aanmekaar vas, strooi cheddar kaas oor, bak in die oond teen 180 ºC vir ongeveer 1 uur.
Eie resep – Rina Kleinhans
One thought on “BROODRING VAN GEKOOPTE DEEG”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.









Geskuif