VARKWORS EN BACON QUICHE
Ai tog. Wat veronderstel was om ‘n Varkwors en Bacon Quiche te wees, word toe weer ‘n Varkwors en Moerbei Quiche!!
Ek moes die uitgeskepte skyf toe oopkrap sodat julle kan sien daar is varkworsies in.
Vir die kors het ek my veeldoelige Geen Gis Pizzadeeg wat op die blog is gebruik .
https://www.foodloversrecipes.com/2014/01/geen-gis-pizza-deeg/
Ek het varkworsies pangebraai en toe in die lengte deurgesny en waaiergewys op die deeg gepak. Toe is die bak klaar vol maar toe pak ek nog stroke soetrissie tussen die worsies (want dit moet mos mooi lyk) en strooi ek gaar bacon en sampioene nou so tussen hierdie spul deur. Nog nie genoeg nie, besluit ek daar moet nou nog groen ontpitte olywe ook bykom.
Die vla is basies:
200ml room
100ml melk
2 eiers
en 1 pakkie potato bake deurmekaar geklits
Toe ek dit nou oor die spul sit wil, wil dit net oorloop, maar daar MOET nog kaas ook oorgestrooi word. Maar dis oond toe vir 35 minute teen 180ºC sonder dat ‘n druppel gemors het. Al die mooi het toe natuurlik onder die vla in verdwyn, maar dit was lekker!!
BRON- Adam Cloete








